1 reviews | Active since Aug 2018
REALLY BAD SERVICE
Geagte Mnr Schoeman Ek wil hiermee my absolute ontevredenheid met Vumatel se dienslewering aan u deurgee. Op Donderdag 23 Augustus was ek offline. Ek het dit voor 8:00 aan VOX rapporteer en Vuma het ook bevestig dat dit ontvang is. Daar was blykbaar 'n fiber kabelbreek wat herstel was, maar ek was nog steeds offline. Ek het verskeie kere deur die dag VOX en Vuma direk ges***el in die verband. Ek het ook Vrydag en Saterdag ge****ak en daar was aanmekaar verskonings aangebied. Op Sondag (72+uur later) was daar aan my meegedeel dat my probleem eers Maandag aandag sal kry aangesien die "provisioning team" net Maandae tot Vrydae werk. Hoekom kon dit nie Donderdag of Vrydag die vorige week aandag gekry het nie? Hierdie lyn is nie net 'n besigheidslyn nie maar ook telefoonlyn Dit wil voorkom of die amper monopolie op fiber in die omgewing daartoe lei dat die kliënt maar swak diens moet aanvaar. Ek is jammer om te sê dat die 72uur omdraaityd wat met elke epos uitgestuur word dus ook 'n klug is aangesien my geval reeds verby die 72 uur merk is en duidelik verby 96 uur gaan wees. Dit is in enige besigheidsterme onaanvaarbaar. Ek vertrou dat die saak dringend aandag sal kry. Pieter Marais
