1 reviews | Active since Mar 2014
Uiterse patetiese swak kliente diens
Ek en my man was Vrydagc16 Des op Wanderers krieket stadion waar telkom aan ons n 6 gig lte simkaart verkoop het. Ons het toe ons by die huis kom die simkaart in n foon en in n router gesit maar kon geen toegang kry tot die data nie. Hulle het bly sê dat die service provider nie data verskaf na die nr nie.
Saterdag het ons twee keer die customer care gebel en ure op die foon gesit waar hulle vir ons 2 verskillende settings wou gee. Die eerste stel settings het by ons uitgekom as "cp message" wat my man toe install het, steeds kon ons geen toegang kry tot die data nie en ons het weer gebel. Die t****e persoon het toe kwansuis herhaaldelik vir ons sms boodskappe gestuur met n ander tipe setting wat ons moes verander, maar nie kon nie, want die smse het NOOIT by ons uitgekom nie, dus kon ons steeds nie toegang he tot die data nie.
Vanoggend 18 Des het ons na ons naaste telkom winkel gery wat in Centurion Mall is net om daar te kom en te moet hoor dat telkom en sy werknemers skynbaar totaal *********** is om hulle werk te doen. Ons wou nie meer die simkaart he wat ons vir 2 dae lank niks gehelp het nie en wou dus ons geld terughê. Ons moes toe by die *********** bestuurder hoor dat telkom skynbaar verskillende kanale het en ons dus nie by die winkel ons geld kan terug kry nie, ons moet teruggaan na Wanderers krieket stadion waar ons hom gekoop het om dit terug te gee. So nou wil ek van telkom weet moet ons nou n jaar wag tot daar weer krieket op Wanderers is, en hoop en bid dat telkom oor n jaar weer daar gaan wees sodat ons, ons geld kan terugkry?
Is dit regtig hoe onbevoeg julle en julle werknemers is?
