1 reviews | Active since Aug 2024
TELKOM SE PATETIESE DIENS
Patetiese diens vir die hoeveelste keer.
Eerstens my vrek gesukkel om my man se selfoon rekening gekanselleer te kry nadat hy met pensioen gegaan het. Hoe meer ek vir hul se hy kan nie meer hoor nie, hoe meer wil daar met hom gepraat word voordat enige iets gedoen kan word. Het ook verskeie eposse gestuur, maar geen reaksie daarop gekry nie! Nodeloos om te se ons het ophou betaal en na maande en maande se gesukkel is die rekening nou oorgegee aan prokureurs wat ek nou noodgedwonge moet afbetaal omdat die rekening bly ophoop het.
T****ens sukkel ek nou weer eens om my eie selfoon rekening gekanselleer te kry. Kry dit reg op hul website, kry n verwysings nommer, kry n boodskap dat iemand my sal bel om te bevestig en te verduidelik van die pad vorentoe. Geen oproep gekry nie, MAAR wel twee smse gekry om te se my versoek is gekanselleer. Met ander woorde my kansellasie versoek is nie bevestig nie en ek neem aan dit is ook nie gedoen nie!.
Wat de hell moet mens doen sodat Telkom hul kant kan bring.
Siek en sat gesukkel. Kan mens Telkom ook aangee by n prokureur???
