1 reviews | Active since Dec 2019
Telkom-probleem
In Augustus 2019 het ek 'n Telkom rooter gratis ontvang vanaf Telkom wat ek dieselfde maand in Centurion Telkom teruggegee omdat ek nie buite my huis kan gebruik nie, want dit is met my telkomlyn gekombineer. Ek het geen bewys ontvang dat ek die rooter teruggegee het nie. Einde November se rekening toon R2093.76. Die normale rekening is vir lank elke maand omtrent R307. As gevolg van die rekening het ek en my dogter in November 2019 met Egnes Moatche Verwysingsno *** (Broadband & internet kanselasie) by Telkom Centurion en die volgende verwysing gekry: Migration to Normal Line Ref ***A. En Billing dispute ***5. Vandag 2019.12.18 was ons weer na Telkom Centurion en het gepraat met Tlhologelo Makwela. Hy het egter 'n nuwe verwysingsnommer gegee nl. ***.
Tlhologelo sê Telkom rekening-afdeling sal ons s***el, wat hulle toe later vandag gedoen het. Hy het gesê die billing dispute het hulle ge-reject.
Op Desember se rekenig is daar adjustment van R1327.32. Ek sal ook graag wil weet wat dit is.
Probleem 1: Ek is pensionaris en Afrikaans. Niemand kan my in Afrikaans bedien nie. Dis swak volgens my. Probleem 2: Niemand kan sê waar is die rooter wat teruggegee is nie. Sekerlik kom hy uit met 'n serial nommer en as hulle stock gevat het in Aug 2019 sou hulle gesien het die rooter is in hulle winkel. Die rekening afdeling wat ons gebel het, sê ons moet teruggaan Centurion Telkom toe. En Centurion tak sê ons moet met die rekening-afdeling praat. Niemand kan ons sê waar kom die R2000 vandaan nie. Probleem 3: Ek wil my huisfoon kanseleer, maar voor die R2000 kwessie nie uitgesorteer is nie, kan my telefoon nie gekanseleer word nie. Op die oomblik werk my huis telefoon in elk geval nie. Ek het dit per sms op 16 Des gerapporteer.
Al oplossing wat ek kan dink na al die heen en weer ryery vanaf huis na Telkom Centurion het ek nog nêrens gekom nie.
My gevolgtrekking is om niks verder te betaal nie, maar wil glad nie op die swartlys geplaas word nie. Alternnatiwelik stel ek voor dat iemand by Telkom Centurion die rooter soek en vir my bewys van ontvangs stuur. Dan wil ek ook vra dat iemand die rekening uitsorteer sodat ek my foon ook kan kanseleer.
Hopelik kan iemand my in Afrikaans laat weet hoe ons hierdie probleem gaan uitsorteer VOOR EINDE VAN BESIGHEID 20 DESEMBER 2019 AANGESIEN HIERDIE DING SLOER VANAF AUG 2019 TOT DES 2019.
Telkom se samewerking in hierdie verband sal hoog waardeer word.
