Telkom nie weer in my lewe!
As gevolg van my ontevredenheid met Telkom se diens die laaste paar jaar het ek besluit om die diens te kanselleer. Die plaaslike kantoor kon my nie help nie en het my verwys my na hul klientediens per telefoon. Ek moes aanhou vir lang tye om vertel te word hul verstaan nie my taal nie. Ek is of summier afgesny of het vir nog langer tye moes aanhou tot ek maar moed opgegee het. Tegniese personeel het lank gevat om uit te kom en hul kon nie die werklike probleem op****r nie. Die lyn het gewerk vir ‘n week of twee dan was dit maar weer dieselfde proses. Die rekening het egter dieselfde gebly of daar diens was of nie. Na ‘n lang gesukkel het ek op 4 Augustus 2017 die nodige kansellasie dokumente voltooi en aangestuur na Telkom met telefoniese bevestiging. Gedurende September 2017 ontvang ek ‘n rekening waarop ek navraag doen. Ek word meegedeel dat die kennisgewing tot kansellasie nie so vining kon geskied nie en ek nog verantwoordelik is vir hierdie rekening wat ek toe betaal het. Ek het ‘n nuwe diensvers****** aangestel en ek was tevrede. Gedurende Desember 2017 het ek weer ‘n Telkom rekening ontvang. Die dame wat my gehelp het beweer dat sy wel op die stelsel kan sien daar was ‘n kansellasie versoek maar sy nie verstaan waarom dit nooit gekanselleer is nie. Sy het dit gekanselleer terwyl ek aangehou het en my voorsien van ‘n verwysingsnommer. Sy het onderneem om die bedrag ter sprake te laat terugskryf. Op 18 April 2018 vind ek uit my naam is op die swartlys geplaas deur Telkom sonder enige korrespondensie tussenin. Is dit normale praktyk om iemand se naam so te beswadder en wat is die prosedure om my naam van die lys af te kry?
