1 reviews | Active since Oct 2019
Telkom Hulplyn nie so hulpvaardig
Ek het Aug 2019 'n rekening ontvang van Telkom waar ek vir twee vers****ende pakkette gehef is. Die lyn was altyd R200.74 per maand gewees & op die Aug rekening word R299.00 & ook R599.00 gehef. Ek het die hulplyn ges***el om uit te vind wat aangaan, die dame met wie ek gepraat het het net gesê dit is 'n 'forced migration". Ek het nooit so iets aangevra of aanvaar nie, hoe is dit ook moontlik dat daar 2 pakkette of 1 rekening verskyn vir 1 lyn. Ek het 'n ref no ontvang: ***5. Ek was ook by Telkom se tak in Potchefstroom, siende dat ons nie meer een in Kroonstad het waar ons woon nie, hulle het daar vir my gesê iemand sal my ****ak, 'n uur later het iemand van Telkom my ge****ak, maar die lyn het afgesny nadat ek heeltyd opsies moes intik wat gegee is & niemand het my weer ge****ak nie. Gister, 2 Okt 2019, het ek hul weer ge****ak, weereens het ek 'n uur aangehou, net om te hoor hul kan my nie help nie. Vanoggend 3 Okt 2019, het my vrou hul ges***el, hul het ook vir haar gesê hul sal haar terugbel, wat nou nog nie gebeur het nie. Al wat ek wil hê is dat hul die SmartVoice Unlimited sal krediteur, siende dat ons nie gevra het vir dit nie. Terwyl ek gister aangehou het vir 'n operateur kon ek hoor hoe lekker jolig gaan dit in die agtergrond, ek het die foon toe neergesit, want ek kon hoor ek gaan nie genooi word na die partytjie toe nie. Ek werk nie in 'n kantoor met 'n foon wat op speakerphone gesit kan word en dan rustig wag dat iemand my help terwyl ek met my werk aangaan nie, so vir my om my boerdery te los en aan te hou is regtig 'n groot pyn. Groot asb kan iemand my help om hierdie probleem op te los sodat ek die rekening kan vereffen met die regte bedrag. Groete
