YVdW
Yolande Van der Watt

1 reviews | Active since Mar 2017

27 Mar 2019, 10:07

SWAK diens van Telkom!

My ouers is pensionarisse wat woon in Munisipale woonstelle, met my moeder se aftrede in November 2018 het sy Telkom telkemale ges***el en gevra om hulle PREPAID lyn te skuif van hulle vorige adres na die nuwe adres, hulle het beloof om dit te doen sodra hulle klaar verhuis het, wat reeds Desember 2018 was. Sy bly s***el en met elke oproep word sy versoek om 'n ander nommer te s***el. Ek het Telkom se 10210 nommer ges***el vanoggend (27/3/2019 om 09:10) en vir 30 min aangehou, waarna ek by Saaiqa uitgekom het. Sy het gesê dat hulle nie kan help met skuif van PREPAID lyne nie en my die nommer van die naaste tak gegee ( ********** 400). Ek het die nommer ges***el en weer dieselfde proses gevolg en weer meer as 30min aangehou waarna die oproep geantwoord is deur Padi by Telkom Pta Hoofkantoor. Ek het die versoek aan hom verduidelik en hy het gevra ek moet aanhou sodat hy die lyn toets, na 5min wat ek aanhou antwoord 'n ander persoon en plaas my weer op hou vir meer as 10min. Ek het nou opgegee en VERSOEK DAT TELKOM MY S***EL EN DIE PROBLEEM MET MY OUERS SE LYN UITSORTEER!

0
Replies (0)