DP
Daniel P

1 reviews | Active since May 2010

06 Mar 2019, 22:30

Swak diens

Ek het n 24 maande selfoon ****rak by telkom. Elke maand gaan die debiet order teen die einde van die vorige maand af. Vir die laaste twee maande kry ek n boodskap, aan die begin van die nuwe maand op my selfoon, dat ek my kredietlimiet bereik het en dat ek Telkom moet ****ak om te verhoed dat my diens opgeskort word. Wanneer ek hulle ****ak, dan word ek meegedeel dat die sms verkeerdelik aan my gestuur is, Hierdie maand is weereens n sms aan my gestuur met die selfde boodskap. Toe ek nie daarop reageer nie, is n boodskap aan my gestuur dat my dienste opgeskort is. Hulle het nie alleen my selfoon dienste opgeskort nie, maar ook my WI- Fi dienste. Toe ek hulle ****ak, is ek meegedeel dat my dienste verkeerdelik opgeskort is en dat my dienste binne n uur hestel sou wees. Dit het nooit gebeur nie. Ek het wel n sms gekry dat ek my kredietlimiet beriek het en dat ek hulle moet bel om te verhoed dat my dienste opgeskort word.

Met die aankoop van my WI- FI router, ses maande gelede, het hulle n verkeerde "deal code" ingetik. Die gevolg is dat ek baie duurder vir die diens betaal. Ek sukkel aL ses maande om dit reggestel te kry, sonder enige sukses.

Telkom se rekening afdeling is pateties. Ek sit nou met n opgeskorte diens wat hulle klaarblyklik nie instaat is om regtestel nie.

0
Replies (0)