HC
Harry C

1 reviews | Active since Sept 2018

10 Sept 2018, 21:59

Swak diens

Wie dit mag aangaan

Ek het nog geen reaksie op my e-pos hieronder gekry nie, behalwe dat ek weer “invoice” met hoer bedrag ontvang het en dan ook die aangehegte SMS’e. Ek het ook Fatima ges***el soos vermeld in die een SMS en sy deel mee dat geen een van die dienste gekanselleer is nie en ek moet maar 10210 s***el en dispuut verklaar. Ek loop my oral net vas teen muur, want niemand luister nie.

Ek stuur nou hierdie e-pos aan Hello Peter en die verbruikers kolom van Beeld.

Baie dankie

From: ********** ********** Sent: 28 August 2018 21:55 To: ********** ********** Subject: ********** 229 - HJ Conradie

Wie dit mag aangaan

Ek het op 31 Januarie 2018 afgetree, en met karige pensioen moes ek op baie dienste afskaal.

Ek het einde Februarie na die naaste Telkom kantoor in Wonderpark gegaan om raad in te win oor diens met bietjie laer tariewe. Na 20 minute in ry met een persoon wat die publiek bedien en groot kennisgewing wat sê wees asb geduldig, want die personeel is met opleiding, en ek my probleem stel is ek onvriendelik weg gewys, met die antwoord dit is nie die moeite werd nie, want die lynspoed gaan baie stadig wees, Volgende asb…….

Ek het by ander internet vers******s begin navraag doen en goedkoper diens bekom met baie vinniger spoed. Gedurende Maart was ek terug by die kantoor om die diens te kanselleer en na weer 30 minute se wag in ry is ek meegedeel dit moet jy op die website doen.

Ek het op die website gegaan en gesien ek moet 30 dae kennis gee en ek het op 23 Maart 2018 opdrag gegee dat my dienste gestaak word op 25 April 2018. Ek het begin Mei die finale rekening van April betaal. Na ongeveer ‘n maand het ‘n persoon my ges***el en baie vrae gevra waarom ek die diens wil kanselleer, waarop ek hom meegedeel het dat ek goedkoper pakket bekom het met beter dienslewering.

‘n Paar dae later het iemand my weer ges***el en dieselfde vrae gevra, en ek het weer dieselfde geantwoord. Ongeveer maand later het iemand my weer ges***el en weer dieselfde vrae begin vra , waarop ek hom meegedeel het dat ek alreeds die vrae twee keer beantwoord het.

Ek dink einde Junie of Julie het ek op die website ingegaan en gesien dat die diens nog nie beeindig is nie en ek nog elke maand “gebill” word. Ek het weer op die website ingegaan en my “complaint” daar gemeld. Toe ek ruk later weer daar ingaan kon ek sien die diens is beeindig en die bedrag verskuldig is Rnul. Nou kry ek die “invoice” My rekening was op datum betaal na die datum wanneer die diens beeindig (25 April 2018) moes word. Sedert daardie datum het ek geen data of lyne gebruik nie. Ek het van geen diens gebruik gemaak nie, want die diens is mos gestop op 25 April 2018.

Ek versoek dat hierdie saak dringend aandag kry en die saak reggestel word. Indien ek geen reaksie binne 7 dae kry nie, word die aangeleentheid na die verbruikerskolom van beeld gestuur asook Hello Peter.

Baie dankie vir u samewerking.

HARRY CONRADIE Meerkatstraat 20, Theresa Park, 0182. Selnr. ********** 819 E-pos: **********

0
Replies (2)
Telkom
Telkom's reply12 Sept 2018, 14:53
Official

Hi

We are sorry to hear this. Thank you for contacting us and bringing this to our attention.

This response serves as confirmation that your query has been received. Please be assured that we will task our team to attend and advise as soon as possible. We do apologize for the inconvenience caused.

Interaction ***

Regards

Hazel

Telkom Social Media Team

Best regards,

HC
Harry C's update08 Oct 2018, 20:15
Reviewer Update
I receive a invoice again today. Nothing happen in this case