1 reviews | Active since Sept 2017
Slegte Diens
Graag wil ek net se dat ek nou na maande se gesukkel met n rekening van n kennis waarmee ek haar gehelp het nou net te erg word. Julle bly my sms en aanspreek hou vir die agterstallige rekening, ek het telkemale al aan julle verduidelik dat dit vir Mev D F Ysel is en nie vir Rabe nie. Mev Ysel is reeds in Julie 2016 oorlede maar dit is te veel vir julle breins om te verwerk, duidelik verstaan julle nie as n persoon dood is word haar skuld nie die persoon wie haar gehelp het om die foon te bekom se verantwoordelikheid nie. Hier volg die sms wat ek daagliks ontvang van julle breindood mense by julle call centre. It is important to make regular pmts on your TELKOM SA (LTD) acc.If you are unable to pay, please contact MBD on (011) ********** . Ref: ********** ********** 59. Ek hoop en vertrou dat daar tenminste een persoon by Telkom is wat dit sal verstaan dat sy my net gebruik het as n verwysing op haar aansoek vorm, en dat haar foon niks met my temake het of dat ek in geen oomblik vir haar rekening verantwoordelik is nie. Ek hoop en vertrou dat hierdie die laaste keer is wat ek van julle sal hoor i.v.m hierdie Ysel rekening.
Groete Mev Rabe
