1 reviews | Active since Sept 2020
Raadop met Telkom kommunikasie
Raadop!! Het paar maande gelede Telkom rekening in my 74 jarige gestremde Ma se naam oorgedra nadat my Pa afgesterf het. Ons moes ook 'n nuwe Telkom foon (wat met simkaart werk) gaan koop oor die een wat Telkom ons gegee het permanent stukkend was. 2 weke terug is foon afgesny omdat ons rekening nie betaal word nie. Maar vir laaste 4+ maande probeer ons my Ma se rekening nommer kry, menigte emails om ons rekening te kry, oproepe na Telkom Tygervallei, oproepe na Telkom Hoofkantoor, Telkom se chat opsie op website, maar nog geen geen feedback nie. En daar gaan sny hulle die lyn wat ons dringend nodig het. Raadop. Al wat ons wil het is ons verdomde rekening sodat ons kan betaal, maar nou hoop alles op. Kan iemand my ****ak asb. of asb net die rekening vir my email by *** soos menigte kere aangegee op die vorms.
