DS
Danie S

1 reviews | Active since Dec 2024

12 Dec 2024, 10:08

Poor service delivery

Ek wil graag hoor watter selfoon en internet diens vers******s is better as telkom. Ek het die afgelope paar weke meer probleme as wat ek nodig het. Telkom het my diens ophou geplaas omdat my debit order volgens hulle nie afgetrek is nie en terug gestuur is. Ek het die probleem met my bank gaan bespreek . Die bank het my rekening na gegaan en vir my gewys dat telkom die betrokke transaksie nie gedoen het op die bepaalde tyd wat hulle gese het nie en vir my is ook gese dat hulle my sou ****ak indien daar so iets sou gebeur.Ek het my bankstate vir drie maande getrek en op elkeen wys presies elke debiet order van telkom met die datum behalwe die debiet order vir die betrokke maand in despuut.My bankstaat wys geen debiet order van telkom nie en ook nie dat die debiet order terug gestuur is soos telkom beweer nie. Op die datum waarop telkom beweer die debiet order is terug gestuur is daar geen transaksies deur my rekening nie.Elke keer as jy by telkom instap praat jy met n persoon op n rekenaar skerm want daar is geen persoonlike ****ak meer nie. Ek het my bankstate as bewys vir hulle gestuur van hulle winkel af wat wys hulle het nie hul debiet order gesubmit vir betaling nie. My dienste word opgeskort omdat ek nie bereid is om vir hulle fout te betaal nie. Ek was gister weer by hulle winkel waar ek deur een van die bestuurders van die winkel gehelp is .Sy het vir die persone met wie ek voorheen in ****ak was weer n epos gestuur om navraag te doen oor wat aangaan.Ek vol die persoon by telkom wat nie sy/haar werk gedoen het nie moet maar vir die probleem opdok . Hierdie mense dink hulle praat met mense wat geen insig het nie . Dit is tyd dat besighede soos telkom mense begin aanstel wat bevoeg is om die werk te kan doen en nie mense wat hulle dink dit kan doen nie. Ek dink my pad met telkom gaan ook baie vinnig tot n einde kom.

0
Replies (0)