DM
Danel M

1 reviews | Active since Sept 2015

14 Jul 2020, 12:28

Ongeskik en onprofessioneel

So moes ek 'n nuwe sim kaart kry vir my man by die Telko Mobile winkel binne in die Matlosana Mall in Klerksdorp. Ek weet dit is Covid-19 maar regtig. Niemand sê vir my dat my kind buite die winkel moet wag nie en dit is binne die mall. Daar is so baie kinders wat deesdae ontvoer word. Hulle het my koors geneem en sanitiser gespuit. Het tot die vorm in gevul wat van my verwag word. Ek het gevra of sy net op die bankie binne die winkel kan sit en ewe ongeskik sê hulle vir my dat hulle my nie in die winkel gaan toe laat nie, want ek maak mos 'n "scene". Ek vra toe of hulle my buite die winkel sal help, hulle sê toe Ja, maar ek moet nog steeds papierwerk doen binne die winkel maar my kind mag nie saam nie en sy moet buite wag. "Ek is jammer, maar my kind sit nie alleen buite die winkel in die Mall nie". Julle werkers moet gaan leer hoe om metense te werk, want duidelik kan hulle nie met mense werk nie.

0
Replies (0)