DD
DJ D

1 reviews | Active since Feb 2017

05 Jun 2019, 11:14

ONETIESE BESIGHEIDSPRAKTYKE VAN TELKOM-MOBILE TALK IS SKANDELIK

Ek was op 22 Mei 2019 deur 'n agent van Telkom Mobile Talk, ge****ak, wat aan my 'n selfoonpakket voorgehou het wat ek aanvaar het. Die agent het dit duidelik gemaak dat al Mobile Talk se oproepe opgeneem word vir die beskerming van hulle kliënte en hulleself. In die telefoniese aanbod was ek 'n Samsung A6 foon aangebied, met 3000 minute per maand na ALLE netwerke, 50 gratis sms'e per dag 10 GB data vir die eerste drie maande van die 24 maande ****rak en daarna 1 GB data per maand. Indien ek meer data sou benodig kan dit bekom word teen R60 VIR 1 GB. Verder sou ek gratis Wifi voordele geniet in meer as 2000 Telkom Hotspots, regoor Suid-Afrika. Ek het by drie geleentehede die aanbod aan die agent herhaal en hy het my verseker dat ek reg gehoor het. In Mobile Talk se epos wat op 23 Mei aan my gestuur was, om die bestelling te bevestig, het die pakket heeltemal ander gelyk as wat die agent telefonies vir my aangebied het. Die Samsung A6 was vervang met 'n Samsung A2 en die 3000 minute was skielik net geldig vir oproepe na Telkomnommers. Daar was verder lewensversekering by die ****ak gevoeg, wat ek uitdruklik gesê het ek nie in belangstel nie. By navraag oor die aangeleentheid het die agent gesê hulle gaan na die opname van die oproep luister en my daarna oor die inhoud inlig. Ek was in kennis gestel dat Mobile Talk se agent reg was en dat ek beslis nie reg verstaan het nie. Mobile Talk was toe baie gretig om die bestelling te kanselleer. Ek het geweier en gesê dat ek ook na die opname van die gesprek wil luister, omdat ek weet wat die agent my aangebied het. Toe stuur Mobile Talk vir my 'n transkripsie van gedeeltes van die oproep, op 30 Mei. Hoe kan ek weet dat die transkripsie eg is? Die agent het ook nie gesê dat ek nie na die oproep mag luister, indien ek dit nodig sou ag nie, of dat ek slegs geregtig is op 'n transkripsie van die oproep nie. Ek het dit in 'n epos op 30 Mei dit duidelik gemaak dat ek na die opname wil luister, aangesien die agent gesê het dat alle oproepe vir die kliënte en Mobile Talk se beskerming opgeneem word. Ek het nie vir 'n transkripsie gevra nie! Die aanbieding van 'n transkripsie skep die indruk dat Mobile Talk iets het om weg te steek en dit is hulle ONETIESE OPTREDE in hierdie verband. Op 1 Junie is ek soos volg ingelig oor my versoek om 'n opname van die gesprek te bekom: "Kindly be advised that the below has been escalated to the Operations Department." Vanoggend, 5 Mei het ek die volgende epos van Mobile Talk ontvang: "Kindly be advised that as per the call between you and our sales agent which had been listened to and assessed by our Quality Assurance department, the sales agent had in no way misinformed you."

Hierdie taktiek en weiering om vir my 'n opname van die opname die gesprek tussen my en Mobile Talk se agent te gee, is 'n skending van die ooreenkoms dat alle oproepe vir die kliënt en Mobile Talk se beskerming opgeneem word. Mobile Talk se weiering om opname aan my as kliët te bied, wys duidelik dat hulle besig is met 'n poging om hulself uit die ****rak te kry en dat hulle agent my bedrieg het.

Wees gewaarsku, Telkom en Mobile Talk belieg potensiële kliënte. Hulle doen besigheis op 'n onetiese wyse. Dit is ABSOLUUT SKANDELIK! Weier om enige besigheid met hulle te doen, tensy jy skade wil lei.

0
Replies (0)