DS
Don S

1 reviews | Active since Dec 2015

04 Jan 2016, 18:56

Nog steeds geen toegang tot die internet nie

Ten spyte van die feit dat ek Telkom se swak diens by HelloPeter se webwerf aangemeld het, en Telkom onderneem het om my internet-toegang te herstel, het niks toe gebeur nie. Sondag ontvang ek 'n oproep van 'n ene Stanley wat ges? het dat hy my fout gaan herstel. Ek het hom toe versoek om my te bel sodra hy klaar is, sodat ek hom in kennis kan stel of die fout herstel is al dan nie. Hy het belowe om dit te doen, maar soos wat ek verwag het, het hy my nooit teruggebel nie. Ek wil nou graag hoor of ek huur moet betaal vir al die maande se ge****k en gesoebat. Telkom moet my antwoord op die punt. Ek gaan Telkom nou by die Verbruikerskommissie aangee. Telkom se diens is swak verby.

0
Replies (1)
Telkom
Telkom's reply05 Jan 2016, 05:20
Official
Hello decaf123,

We apologize for any inconvenience caused.

We will follow up with our team and revert back to you. Your reference number is SM182888.

Regards,
Busi
Telkom Social Media Team
***