AE
Anita E

1 reviews | Active since Jan 2017

19 Jan 2017, 09:47

My data verdwyn vir die 2de keer

Hi Telkom

Ek weet nie wat om meer met hierdie saak te maak nie, so ek wend myself nou maar tot sosiale media. Ek hoop regtig om hierop 'n daadwerklike antwoord te kry.

Van Junie 2016 sukkel ek met data wat net verdwyn. Ek was al telke male by julle tak in Tygervallei. Julle konsultante het met hul eie oë gesien hoe my data verdwyn sekondes nadat hul dit opgelaai het. Nadat ek keer op keer "cases gelog" het en ek elke keer net 'n SMS gekry het wat sê "case resolve" (al is die saak nie opgelos nie), het ek besluit om my ****rak te kanselleer.

Ek het in Desember 2016 'n "handset" ****ant gekoop en 'n "pay-as-you-go sim card" gekry. Vanaand het my data van vooraf begin verdwyn.

Dit terwyl julle nog nie eers my vorige verlies van omtrent R500 (weens data wat net verdwyn) terugbetaal het, soos ooreengekom is, nie.

Wat staan my nou te doen?

Dit is absoluut onaanvaarbaar. Die diens wat ek gekry het toe dit in Junie 2016 gebeur het, was power. Hoe julle dit hierdie keer gaan hanteer sal bepaal of ek ooit weer van "South Africa's leading telecommunications company" se dienste gebruik gaan maak of nie.

0
Replies (0)