1 reviews | Active since Aug 2017
Kry jou van my rug af
Maandag 14 Augustus 2017 het ek Telkom verkope (10213) ges***el vir nuwe installasie van ADSL lyn. Die dame aan die anderkant het gesê sy sal dit invoer sodra ons gesprek ge-eindig het dan stuur sy vir my die "order nommer" deur. Dinsdag nog geen nommer ontvang nie en ek bel om dit uit te vind, daar is aan my gesê daar is geen bestelling geplaas nie ons moet dit alles van voor af doen. Gedoen en bestelnommer gekry. As ek enige navrae het kan ek op die webblad gaan kyk of hulle s***el.
Donderdag ges***el en uitgeving weet hulle al wanneer die installasie gedoen sal word. Ja sê die vrou vir my dit word Vrydag 18 Augustus gedoen ek moet asb sorg dat daar iemand by die huis is. Dadelik my kind in kennis gestel hy moet verlof neem (wat hy nie het nie) want hulle gaan dit installeer. Na gestoei is hy verlof toegestaan. Vrydag oggend s***el ek om te hoor weet hulle van 'n tyd, nee dit kan enige tyd gedurende die dag gebeur. Toe dit later begin raak so plus minus 14:40 en niemand het nog niks gehoor nie, s***el ek weer net om uit te vind dat daar nog nie installasie gedoen kan word nie die aansoek is nog nie uitgesorteer nie. Nou vra ek wie gee die persoon die reg om Donderdag te sê dat daar iemand moet wees die installasie gaan gedoen word. Wat soek sy daar as dit die tipe werk is wat sy doen? Ek is bitter teleurgesteld in TELKOM hulle gaan net aan elke ou sê iets anders niemand praat uit dieselfde mond nie. As hulle in elke geval hulle self voorstel kan jy nie hulle name hoor of uitspreek nie want dit is hierdie verskriklike Afrika name. Doen iets daaromtrent dat Customer Services/Call centre personel verantwoordelik gehou kan word vir hulle dade. Lei die mense oordentlik op, 'n vinnig maand of wat se opleiding doen nie die ding nie julle jaag mense weg eerder as om mense te lok.
