JG
Jana G

1 reviews | Active since Mar 2012

10 Aug 2016, 06:27

DUBBELSINNIGE EN SWAK BEMARKINGDIENSTE

<p>'N Bemarkingskonsultant het my ges***el oor 'n Mondo pakket. Ek het belanggestel aangesien hy in die begin iets genoem het van 10 GB data. Ons het soms swak sein by die huis, daarom het ek gevra om als te e-pos en dan eers sal ek ja of nee se vir die aanbod. Ek het twee maal dit gevra en ek het verstaan dit is hoe dit gaan werk. Volgende dag het ek e-pos gekry en ek het daardeur gelees, Ek het dadelik laat weet ek stel nie belang nie. Maandag, 8 Aug kry ek sms om te se R50 gaan van my bank afgaan vir adminkostes. Ek voel werklik nie dis regverdig nie. Ek het Telkom gebel, verw 63738. In kort het sy 'n versoek gestuur vir investigation en dadelik ook die offer gekanselleer, want sy se Telkom het nog nie my e-pos verwerk nie. Vandag, 10 Aug kry ek sms om te se my selfoon ens is oppad. Ek het als in my vermoë gedoen om te verhoed dat dit gebeur. Ek het 2 maal gevra dat ek eers na die e-pos 'n ja of nee gaan sê, volgens my was dit duidelik genoeg. Kanselleer koerier en haal my bankbesonderhede van jul sisteem af! </p>

0
Replies (0)