Dooie Telkom dienste

ek is Andeline Volschenk en is n klient van Telkom al vir 26 jaar vandat ek in Port Elizabeth kom woon het.

Ons landlyn het 3weke gelede probleme begin gee. die lyn krap so erg dat ek nie die mense aan die ander kant kan hoor nie. Party dae is die lyn net eenvoudig morsdood. Ek het nou al elke dag vir 3weke lank gebel en gevra vir hulp. Ons is pensioenarisse en kan nie n cellfoon tariewe bekostig nie. Ons was al by n Telkom tak in Baywest en regtig die onge ergdheid van die mense wat daar werksaam is het my hare laat regop staan. Die magteloosheid maak n mens rerig moedeloos.

Drie weke sit ons sonder die diens en ek wil graag weet of ek mag weier om vir die gebroke lyn te betaal.

Hier was n man eendag laas week en hy het so n bietjie gekyk en toe gese dat die probleem by die paal buite is en dat hulle dit sal regmaak dieselfde dag nog. Ons het hom nooit weer gesien nie. Hy het nie met n Telkom bussie gery nie en toe vra ek vir hom of hulle ****rak werk vir Telkom en hy het dit bevestig. Nou vra ek net heveel kostes vra hulle nou vir Telkom vir dienste wat glad en geheel nie bestaan nie. Hy het net mooi niks gedoen nie en so is ons lyn nou net morsdood.

Ek wil hard skree van die dakke af want nerens is niemand wat ons nou kan help nie. Bel kan jy glad nie want die dooie mense aan die ander kant van die lyn praat soos masjien en gee jou net altyd n ref nommer wat net mooi niks beteken nie want wat moet ek nou met die nommer doen.

Ek hoop en bid dat hierdie skrywe van my tog iewers by iemand sal uitkom wat darem iemand kan wakker skud.

Baie dankie

Die uwe