1 reviews | Active since Mar 2019
Bad Billing getting listed on ITC for not having an account.
Ek het in 2017 'n ADSL rekening oopgemaak by Telkom vir tuisgebruik. Ek het dit net vir 'n kort tydjie gehad en besef dat dit nie vir ons gaan werk nie. Ek het ingegaan en my rekening betaal wat ek uitstaande was. En dit was dit. 'n Hele klompie maande later (Jun - Jul 2018) kry ek toe weer 'n staat wat se dat ek hulle nou RR7672.63 skuld. Groot was my verbasing oor die "geslote rekening" se uitstaande skuld. Ek is weer in na die Telkom kantoor in PE waar ek my saak verduidelik het en hulle toe vir my gese het dat hulle kan sien dat ek die rekening gesluit het en dat die maandelikse fooie verkeerdelik teen my rekening nommer gehef is. Hulle het groot onverskoning gevra en 'n "case Gelog" ( Case ********** 2). N Rukkie later het ek weer 'n staat gekry wat gewys het dat hulle die verkeerde bedrae "reverse " het. So in my opinie was die saak afgehandel.
So groot was my verbasing toe ek in die begin vd jaar 'n kredietaansoek doen en sien dat ek op ITC gelys is deur Telkom vir 'n bedrag vir R1448.71. WEER is ek in kantoor toe om te gaan navraag doen. Op dieselfde tyd het daar toe 'n krediet deurgekom op my rekening van R1248.79 wat beteken het dat daar toe volgens hulle 'n uitstaande bedrag is van R199.92. Ek moet dit noem dat ek glad niks met die krediet uit te waai gehad het nie. So toe ek by die Walmer Park kantoor kom en navraag doen oor my rekening was vir my gese dat ek die R199.92 skuld en dis al. Teen daardie tyd was ek moeg om met hulle te argumenteer en het besluit om die paar rand te gaan betaal net sodat ek die storie van my rug kon afkry. Wat ek toe terstonds gedoen het. Bewys is aangeheg
Ek is toe dadelik weer terug na die kantoor. Hulle het die bewys gevat, afskrif gemaak en vir my vertel dat hulle 'n e-pos stuur na die rekening afdeling en dat ek 'n "paid up" brief binne 10 werksdae sou kry. 2 weke later is ek weer terug met dieselfde versoek. Weer het ek dieselfde antwoord gekry. Ek kan met niemand praat nie. Hulle stuur n mail om die brief te kry ens ens ens ens. Nodeloos om te se ek het nog absoluut niks gehoor nie.
So nou hier is die opsomming.
1. Ek het van julle dienste gebruik gemaak vir 'n baie kort tydjie waarvooor ek betaal het. 2. Ek het dit probeer kanseleer en as jy in my rekening ingaan sal jy die hele drama kan volg. 3. Telkom het my gelys op ITC vir iets wat ek glad nie gedoen het nie. Totaal en al verkeerdelik. 4. Ek het om die problem te laat weggaan die uitstaande bedrag gaan betaal net sodat dit kan eindig. 5. Nadat ek op die 6de Feb die bedrag gaan betaal het wag ek nou nog steeds vir hierdie paid up brief. 6. Ek is nou in die proses om 'n huis te koop en hierdie hou my hele proses op en ek mag dalk net die huis verloor.
Ek eis dat my krediet record herstel word en dat ek 'n Paid up brief moet kry van Telkom
