EO
Elizbe O

1 reviews | Active since Apr 2020

20 Apr 2020, 13:25

Supersonic swak en geen diens

Ons was verwys deur vriende na Supersonic want daar was gese hulle het vinnige en flink diens, wel die is glad nie die waarheid nie. Ek het op 9 April aan gesluit by Supersonic somer op whatsapp die proses het baie vinnig gegaan en die ou aan die ander kant was baie behulpsaam.. Ons router was binne 2 dae by ons. Toe ons dit moes opstel het die probleem begin. Die Wifi wou nie aan nie. Supersonic het gese hulle sal dit deur gee aan Vumatel. Die eerste keer het hulle somer self my ref nom gekanseleer. Ek meld dit toe weer aan. Vumatel het uit gekom en net rond geloop gese hulle sien n fibre breek. Die technicians het gese hulle maak dit nie reg nie ek moet dit deur gee aan Supersonic. Ons trek toe nou al in die middel van die volgende week. Supersonic se toe dis nie hulle werk nie en Vumatel se dis nie hulle werk nie. So op die einde van die dag kan die 2 maatskappy nie besluit wie gaan nou iets doen nie en los my die klient sonder WiFi. Na 2 weke het ek nog steeds nie WiFi nie. En die bestuurder by Supersonic se net heeltyd ek is besig met Vumatel sodra ek terugvoering het sal ek jou laat weet. Die is die swakste diens wat n mens voor kan vra want dit is nie die klient se skuld as jou service provider nie hulle mense kan beheer om hulle werk te doen nie. En ja ons trek nou al op die 20ste en ek het nog geen antwoord vanaf Supersonic gekry nie en het nog steeds nie WiFi nie. So ek sal nie Supersonic aanbeveel nie.!!

0
Replies (0)