SJ
Susan J

1 reviews | Active since Jul 2025

13 Jul 2025, 08:44

Swak diens Morclick

Ons het 2 skottels, by 1 is die vorige vers****** se kabel v d hulle skottel nog steeds gekoppel aan die router, by die ander 1 is die skottel volgens n tegnikus nie op die regte plek opgesit nie, daarom die lae lynspoed.

Middel Mei het ons geen internet, dae se gesukkel om die fout te rapporteer, maar volgens callcentre is daar usage en die lyn is aan. Ons aanvaar die kwotasie vir die herstel......6 weke later daag die tegnikus hier op sonder om vooraf te reël.

Toe ek sê "****rakbreuk ", toe raak Morclick stil.

Nou wil ek weet, wie gaan die skottel skuif, want die ou wat dit opgesit het, het bedank...ek moet R800 betaal vir die afhaal, R1800 vir weer opsit en reiskoste......en wie gaan die uitgawes dra om n backup te kry vir die 6 weke wat Morclick ons nie kon help nie.

Nou moet ek bevestig dat ek die ****rak wil stop, wat ek nie gevra het nie......hulle kon nie aan my diens verskaf nie.

Nou wil hulle elke 2de dag die tegnikus stuur, maar geen woord oor die skottel wat geskuif moet word, of die feit dat ons vir 6 weke geen internet gehad het nie

0
Replies (2)
MorClick Satellite Internet Solutions
MorClick Satellite Internet Solutions's reply14 Jul 2025, 13:06
Official
Beste Susan, 

Baie dankie dat jy uitgereik het en jou bekommernisse met ons gedeel het. Ons is regtig jammer oor die frustrasie en ongerief wat jy met ons diens ervaar het.
Ons verstaan dat die probleme met jou skottels, insluitend die verkeerde installasie en die vorige diensvers****** se kabel wat steeds gekoppel is, groot ontwrigting aan jou internet veroorsaak het. Ons besef ook dit was moeilik om die fout aan te meld.
Ons kyk nou na jou saak om vas te stel wat verkeerd geloop het en om seker te maak daar is ’n duidelike plan om die probleem vinnig op te los. Ons gaan ook die kostes rondom die afhaal en herinstallering van die skottel, asook die kommunikasiegapings, ondersoek.
Ons doel is om jou diens weer op standaard te kry en jou vertroue in ons te herstel. Ons sal binnekort weer terugkom na jou toe met ’n opdatering en ’n voorstel vir ’n oplossing.
Baie dankie vir jou geduld en dat jy vir ons die kans gee om hierdie probleme reg te stel.
Vriendelike groete,

Best regards,

SJ
Susan J's update15 Jul 2025, 07:46
Reviewer Update
Sulke mooi woorde.....en dit beteken niks......want my emails word verseker nie so geantwoord nie, as dit ooit geantwoord word. Julle sal n Rand waarde aan die antwoord moet Koppel voor dit enige waarde het. Ons het vir maande betaal vir lyne wat nie die spoed is wat julle moet gee nie. Ons moes data koop omdat die wifi nie werk nie.....ek moes ry om betalings te doen, ek het die technician uit my sak betaal......die vorige vers****** moes ek ook weer betaal omdat ons nog gekoppel was aan hulle...

En nee, my geduld is lankal op........en my diens weer op standard kry........rerig........dit was nog nooit op standaard nie, maar laat ons sien wie bel my en kom met n voorstel.

Julle kan begin met n voorstel oor die koste v die backup wat ons moes kry terwyl julle verwag om betaal te word terwyl ons 6 weke sonder diens was.

Snaaks dat toe ek die ****rakteur sê dat ek dan dalk n backup moet kry, hy dit aangemoedig het.

Susan