AV
Andre V

1 reviews | Active since Dec 2020

14 Jul 2021, 09:42

Bedien jou klient in sy/haar taal

Hulle weier om my in Afrikaans te bedien - ek dink dis onaanvaarbaar. Afrikaans is die derde grootste taal in ons land en Engels die 4de grootste. Ons as Afrikaans sprekendes het n reg om bedien te word in ons taal. Ons as Afrikaans sprekendes moet nou begin aandring daarop. n Goeie besigheid maak seker dat hulle ten minste n persoon het wat hul klient in hul eie taal kan bedien.

0
Replies (2)
Domains.co.za
Domains.co.za's reply14 Jul 2021, 13:39
Official
Goeiemôre Andre,Ons vra om verskoning vir die ongerief veroorsaak deur die interaksie met n Engels sprekende werknemer.
Wees asseblief bewus dat ons wel Afrikaans sprekende werknemers het, dit is betreurenswaardig dat u met n werknemer gepraat het wat nie Afrikaans sprekend is nie.
Indien u hulp in Afrikaans verlang, kan u ons net in kennis stel en ons sal u ****ak.
AV
Andre V's update14 Jul 2021, 15:06
Reviewer Update
Ek het met 2 afrikaanse mense gepraat maar hulle het gese dat hulle my in Engels wil aanspreek omdat hulle dit verkies. Christo en Wiaan. Ek deal al baie jare met julle en is nog meestal in Afrikaans bedien - ek is engels magtig en ek verstaan as die ouens nie afrikaans magtig is nie, maar mense met Afrikaanse vanne? nee dis waarlik betreurenswaardig, Ek het heel oggend met ander maatskappye ge****ak om uit te vind of hulle my in my taal sal bedien sodat ek my besigheid na hulle kan skuif. Ek voel dat as jy my nie in my taal wil of kan bedien nie dan gee jy dit oor aan ander wat dit wel sal wil doen. Hierdie is n beginsel saak vir my en ek weet dat n baie groot gedeelte van ons mense in ons land sal verkies om in hul taal bedien te word en dis ook n reg wat ons het want ons betaal julle as maatskappye vir die diens. Ek ook in besigheid en weet hoe belangrik dit is om mense in hul eie taal te bedien. Dankie vir u antworrd ek sal graag u details wil he en verder met u wil gesels. Stuur my n epos asb. Baie dankie weereens vir die moeite om te antwoord.