1 reviews | Active since Sept 2023
Vinnig om debietorder af te trek, maar as dit by uitbetaal kom, is Zestlife onbehulpsaam
Ek sou graag 0 sterre wou kies. Ek het drie jaar lank vir 'n tand gapingdekking en twee jaar lank vir 'n mediese gapingdekking betaal. As dit by uitbetaal kom, is hulle vol verskonings, ek het die mediese dekking sommer saam met die tanddekking gestop. Na my onaangename ervaring met die tanddekking het ek nie kans gesien vir een met die mediese dekking nie. Ek het ongeveer R20 000 per jaar in die proses in die water gesmyt. 'n Baie groot frustrasie is dat die dekking elke jaar "verander." Goed wat gedek was, word skielik nie meer gedek nie, en dan betaal hulle uit soos wat die nuwe beleid aandui. Gaan deeglik deur die beleid, elke liewe keer as hulle nie nuwe beleid aanstuur. Dit is werklik lewensnoodsaaklik. Ek kan nie verstaan hoe hulle op die Top-10 lys beland het nie, ek sou hulle nie eens aanbeveel as hulle die helfte van die premie vra nie. Dan werk hulle ook nog deur Denis, wat baie onprofessionele e-posse aan kliënte stuur. MAAR - hulle staan elke maand bakhand om die presiese premie af te trek, soms nog voor die bepaalde datum vir aftrekorders. Hou verby, ek spaar die premie elke maand in my spaarrekening, en het gelukkig reeds na 'n diensleweraar oorges***el. Ek kan Zestlife nie aanbeveel nie, inteendeel, ek sou dit baie graag geen sterre wou gee.
Ons is werklik jammer om te hoor van die frustrasie en teleurstelling wat u ervaar het met u dekking en uitbetalings. Dit is beslis nie die ervaring wat ons vir ons lede wil hê nie.
’n Konsultant het reeds direk met u in verbinding getree om die saak verder te bespreek en te help om dit op te los.
Groete,
Noleen
Ons is werklik jammer om te hoor van die frustrasie en teleurstelling wat u ervaar het met u dekking en uitbetalings. Dit is beslis nie die ervaring wat ons vir ons lede wil hê nie.
’n Konsultant het reeds direk met u in verbinding getree om die saak verder te bespreek en te help om dit op te los.
Groete,
Noleen
