FP
Frieda P

1 reviews | Active since May 2018

23 May 2018, 16:04

OBARO VERSEKERINGS EIS.

Wil graag 'n klag lê teen Obaro se versekeringsafdeling rakende 'n eis vir 'n GPS wat uit my motor gesteel is.

Ek het my versekering nou al 'n geruime tyd my Obaro se verskeringsafdeling gehad.

Ons het die laaste week van Maar 2018 vanaf Rustenburt na Durban toe gereis vir 'n troue wat plaasgevind het op 31 Maart 2018. Op 2 April het ons die oggend terug gekom maar asgevolg van die probleme wat by Mooirivier Plasa plaas gevind het en al die ongelukke wat ons by op die pad teegekom het, het ons eers die volgende oggend 3 April om 1.45 by my kleindogter se huis gekom. Omdat ons twee ourige dames was wat alleen terug moet reis na Rustenburg, het ons oorgebly want ons was vanplan om tussn 5 - 5.30 die oggend terug te reis na Rustenburg.

Ons het nie die motor afgepak nie, aangesien ons heelwat goedere in die motor gehad het.

Tussen 1.45 die oggend tot en met 5.00 toe my kleinkind uitgaan het hulle gemerk dat daar by my motor ingebreek is.

Hulle het die klein agter ruit by die passasierskant uitgeslaan, sodoende my motor oopgemaak het my klere my geld wat ons gebruik het die die brandstof wat deur my seun aan ons gegee was waarvan ek die bedrag wat ons nie bebruik het aan hom moes terug besorg asook my GPS uit my paneelkussie asook verskeie ander goedere uit my kar verwyder.

Ek het onmiddellik toe ek teruggekom het in Rustenburg die aangeleentheid by my versekering ingedien.

Na 'n lang gesukkel het hulle toe toestemming gegee nadat ek my kwotasie vir die ruit gegee het net R438.00 betaal en ek moes die res inbetaal.

Ek het skrywes ontvang dat ek kwotasies moet inhandig vir die GPS asook al my klere wat gesteel is aan hulle te stuur.

Ek het hulle meegedeel dat hulle die klere moet los aangesien ek nie kwotasie gaan kry daarvoor nie want dit wat ek gehad het kan hulle nooit vervang nie, maar hulle moet wel die GPS hanteer.

Hulle het op 23 April 2018 vir my die volgende laat weet.

I HAVE HOWEVER PAID FOR THE GPS now R2995.00 less R750.00 ecxess + R2245.00 to the client.

Claim now referred to management for the money.

Ek het alle bewyse wat hulle aan my gestuur het gehou.

Na verskeie navrae deel hulle my vanoggen mee dat hulle nie die GPS gaan betaal nie, aangesien die GPS nie by hulle gerigistreer is op by polis nie.

Die GPS het ek by my seun gekry as 'n geskenk ontvang nadat ek die verskering uitgeneem het.

Die persoon wat die eis hanteer het is Tebogo Mahlo Claims Handler van Brolink.

Ek voel dat ek nou reeds baie lank die versekering het maar betaal ek nie een maand nie gaan hulle my verskekering kanselleer.

Dit meen ek voel dat elke keer wat ek in my kar klim, ek fotos van alles moet neem asook stippileer wat ek saam met my ry as ek iewers heen gaan.

Nou wil Obaro vir my 'n nuwe versekeringsmaatskappy kry om vir my 'n nuwe versekering sal beding.

Ek wil nie graag weer self met hulle praat nie, en vra asb hulp.

Byvoorbaat dankie

Frieda Prinsloo

********** 945

0
Replies (0)