sS
salome S

1 reviews | Active since May 2016

30 Dec 2016, 15:35

WeBuyCars = INDERDAAD 1-2-3

Dit was seker een van die mees "pynlose" transaksies wat ek nog ooit in my lewe gedoen het.

1-2-3 en die hele transaksie was afgehandel.

Ek kan maar net se BAIE BAIE dankie !!!!

En ook baie dankie vir die vertroue wat julle in ons geplaas het om intussen Webuycars se eiendom op te pas maar tog die gebruik daarvan te kon he. Wat n ongelooflike menslikheids gebaar om ons nie gestrand te los terwyl ons na 'n ander voertuig gesoek het. Hoogste waardeering !

0
Replies (2)
Webuycars.co.za
Webuycars.co.za's reply30 Dec 2016, 16:17
Official

Salomé

Baie dankie vir jou dierbare kompliment.

Rayno is ook 'n baie aangename ou om mee te deel, hy is so groot ou met daai kollosale stem en teddie-beer geaardheid né?

Hy het baie goeie maniere en sy gesellige en vriendelike manier van doen is aansteeklik, is dit nie?

Ja jong ons probeer hard, regtig ons doen, maar dit is ook nie aldag lekker of maklik vir ons mense om heeldag op die pad te wees en die heeldag non-stop net van een deel van Gauteng na die volgende karre te kyk nie né.

Maar die outjies is jonk en fiks - hulle kan dit maar doen, is tog nie die aardigste werk vir 'n jongman nie, is dit?

Nee ek dink hulle gniet dit om rond te ry en almal te help met hulle karre en soveel mense te ontmoet en die hele Guateng elke dag te sien groei.

Ons beoog om hierdie jaar die kliëntediens na 'n nuwe vlak te neem en met nuwe ekstra toewyding en passie ons kliente se behoeftes te verstaan en kreatief te beantwoord.

Ons waardeer terugvoering soos joune so baie.

Maar weet jy wat, ons waardeer kritiek net soveel.

Ons is 'n relatiewe jong klompie mense, ons is die nuwe generasie in die Motor-Bedryf.

Jy weet Brand Pretorius het so mooi voorbeeld gestel met servan Leadership Dissipline, dit is nou ons beurt om te sê; Ons sal antwoord wat jy vra, ons sal daardie voorbeeld navolg, en die batton optel en vorentoe skiet.

Jy sal ons nog sien.

Dankioe dat jy ons klient is.

Ons wens jou alles van die heel beste toe.

Dirk

sS
salome S's update10 Jan 2017, 01:56
Reviewer Update

Hallo Rayno en Dirk.

Wat 'n pragtige verhaal van sulke EERLIKE en opregte persone !!!

Ek sal BESLIS al my vriende, familie, kliente en kennisse na julle verwys, indien enige van hulle julle diens benodig. En dalk, mens weet nooit, mag ek weer met julle besigheid doen in die toekoms ... :-)

Mag julle 2017 uit sy nate bars van voorspoed !!!

Beste groete

Salomé