PV
Paul V

1 reviews | Active since Jan 2023

08 Jan 2023, 20:11

Swak diens

Ek wil graag my ondervinding van diens met jou deel wat ek by We Buy Car's gekry het na ek 'n t****ehandse motor by hulle gekoop het. In die eerste plek het die voertuig se lisensie al Julie 2022 verval wat ek eers by my huis in die Standerton omgewing op gemerk het. Hulle het na ek die motor ****ANT gekoop het die "Natis" dokumente aangevra wat volgens hulle 7 tot 21 dae kan neem om afgehandel te word. Ek het Vrydag 06/01/2023 hulle ges***el en met 'n groot geveg oor die foon kon ek uiteindelik met die senior dame in die administrasie afdeling praat want hulle sit jou nie deur na enige bestuur's persoon nie. Sy sê toe vir my hulle het vir my 'n boodskap gestuur na my foon nr *** en hulle wag op my antwoord hoe hulle die dokumente na my toe stuur. Ek sê toe vir haar ek het geen boodskap gekry nie en die nr wat julle gebruik het is in elk geval foutief want my nr is ***, en al wat sy kan sê is "vra om verskoning vir die fout. Ek het die voertuig 10/12/2022 ****ant by hulle gekoop en kan nie dit gebruik nie want dit is onpadwaardig agv die lisensie wat verval het. Ek het ook vir haar gesê dit is die swakste "diens" wat ek nog van 'n besigheid gekry het. Ek het vir die dame gesê sy moet vir Franco van Heerden vra om my te s***el wat my gehelp het vir sy mede verkoops persoon wat ek van die begin af mee onderhandel het , wie se naam Ferhaan is wat ek twee keer ges***el het en hy antwoord net nie sy foon nie en beantwoord ook nie my oproepe nie. Tot nou weet ek nog nie wie die Verkoopsbestuurder is nie. Dankie dat ek jou kan gebruik om my frustasie ivm die hele transaksie te kan meedeel. Groete Paul Venter

0
Replies (1)
Webuycars.co.za
Webuycars.co.za's reply09 Jan 2023, 08:06
Official
Hi Paul,

Dankie vir die terugvoer.
Ons is jammer om hierdie te hoor.

Ons is besig om hierdie saak te ondersoek en sal terugvoer aan jou verskaf so gou as moontlik.

Groete,