LT
Lorraine T

1 reviews | Active since Oct 2016

12 Oct 2016, 08:45

Baie swak diens

 Volgens die dame wat my aanvanklik gehelp het met die ****ak ens. is my dienste by julle

aktief vanaf 08/07/2016. Op 05/08/2016 was Marihette by my kantoor. Ek het haar in kennis

gestel dat daar geen debietorder van my rekening gevorder is nie. Sy het my verseker dat als

in orde is en dat sy die rede daarvoor sal uitvind. Sy het my glad nie ge****ak oor die

problem nie.

 Ek het haar op 5 September per epos laat weet dat ek alle dienste wil stop aangesien daar

steeds nie ‘n debietorder gevorder is nie. Ek het ook duidelik gemaak dat ek nie agterstallige

gelde wil he wat op ‘n enorme bedrag uitloop en dan sukkel ek om weer bytekom nie. Op

die 6de September laat weet sy my dat die bankbesonderhede foutief gelaai is. Dis nie my

fout nie aangesien ek drie maande se state moes gee alvorens julle kredietafdeling my kon

goedkeur. Sy het my gevra of die debietorder op die 15de gevorder kon word waarop ek

duidelik gesê het dat ek julle nie magtig om die debierorder op die 15de te vorder nie. Die

debietorder is wel gevorder.

 Ek het 16 September vir Marihette laat weet al voor 8uur die oggend dat die debietorder

gevorder is. Sy het my laat weet sy gee dadelik aandag daar aan. Op die 19 September

nadat eers weer ‘n navraag moes rig laat weet sy my net dat sy nie by die kantoor was nie en

dat sy op die dag sal laat weet wat gaan vir wat. Ek het intussen toe die debietorder terug

geroep. Ek het weereens versoek aan haar, dat ek my dienste wil kanselleer.

 Teen 23 September het ek niks van die kansellasie gehoor nie en haar bestuurder ge‐epos.

Hy het Johan aan my rekening toevertrou.

 Johan het baie moeite gedoen en gereël dat ek die agterstallige premies oor drie maande

kan betaal. Alhowel ek gevoel het dat die agterstallige gelde afgeskryf moes word aangesien

dit Vox se administatiewe fout was.

 Ek is versoek om ‘n ooreenkoms te teken, ek wou nie die dokumet teken nie aangesien daar

duidelik staan dat daar rente op die gelde gehef word. Dus maak Vox die foute en verhaal

rente op hulle foute, Dis volgens my glad nie regverdig teenoor my as kliënt nie. Johan het

my egter verseker dat daar nie rente gehef word nie en dit net gehef sou word indien ek op

die gereelde paaiemet agter sou wees. Weereens was dit nie die waarheid nie aangesien die

GENLEDGER soos deur Genevieve gestuur duidelik rente aandui. Ek het dus toe dadelik alle

gelde betaal.

Ek het versoek dat my dienste gekanselleer moet word so dit sal seker ook nie gebeur nie

0
Replies (2)
Vox Telecom
Vox Telecom's reply12 Oct 2016, 10:42
Official

Good day Lorraine, thank you for bringing this to our attention. We are currently investigating your request. An agent will be in contact with you shortly.
Regards,
Vox Telecom

Vox Telecom
Vox Telecom's reply12 Oct 2016, 14:25
Official

Good day Lorraine,

As per the feedback received, the cancellation has been actioned with immediate effect and feedback have been provided regarding the interest that was billed to your account.

We apologise for the inconvenience caused and hope to further have uninterrupted business with you.

Regards,

Vox Telecom.