sP
sonja P

1 reviews | Active since Jan 2017

29 Sept 2017, 21:06

fout begaan en toe smeer met leuns

Goeie dag ek gebruik graag die platvorm om te kla oor VW Klerksdorp se afskiewelike diens, swak houding en leuns!!!

Die eerste week van September 2017 s***el ek VW Klerksdorp en vra vir diens afdeling en gesels toe met Wilma ek vra vir haar dat ek 'n kwotasie benodig op my motor se jaarlikse diens sy vra my motor se registrasie nommer en deel my mee dat VW SA 'n spesiale aanbod op my motor se diens het vir R2399.00 ek vra vir haar wat sal my motor se diens wees sonder die spesiale aanbod en sy se so ongeveer R3500.00 ek se vir haar dis n groot besparing tot wanneer is die spesiale aanbod sy se tot Desember 2017 ek se vir Wilma baie dankie ek sal binnekort my diens boek en lui die foon af. Gister 28 September 2017 gaan ek in na VW Klerksdorp om my motor se diens te boek en ek se vir die dame wat my help dat ek graag my motor wil boek vir sy jaarlikse diens en dat Wilma my vertel het van die spesiale aanbod van R2399.00 so vra sy my vir die nodige besonderhede om diens te boek en so boek sy my motor vir 2 Oktober 2017 en verlaat ek die tak, skaars 10min nadat ek VW Klerksdorp verlaat het kry ek n oproep van Wilma en vertel sy my dat ek verkeed gehoor het dat sy nooit in ons telefoniese gesprek vir my gese het dat die spesiale aanbod tot Desember 2017 is nie maar wel 30 September 2017 ek se vir haar as sy vir my gese het dit eindig einde September 2017 sou ek reeds my motor geboek het vir die diens so bly sy by haar standpunt en stry ek nie met haar nie so vra sy kan sy my deur sit na "dame" wat my die oggend gehelp het om te kyk as daar n opening is vir my motor se diens voordat spesiale aanbod verval op 30 September 2017 so se die "dame" dat daar geen opening is nie ek aanvaar dit so en lui die foon af. Bitter teleurgestel want ek was seker dat Wilma gese het Desember 2017. Ek besluit om vir VW Potchefstroom te s***el dalk het hul n opening op die spesiale aanbod voor dit verval, baie goeie diens ontvang van Elsibe ongelukkig het hul nie n opening nie en vra ek uit interesantheid vir haar wanneer die spesiale aanbod verval en sy deel met my mee dat dit eers Desember 2017 verval ek vra vir haar wanneer is die eerste opening om my motor te diens sy vra al die nodige vra om diens te boek en neem toe kennis dat my motor nie onder die spesiale aanbod val nie die spesiale aabod is slegs vir motors van 2001 tot 2012 my motor is n 2013 model.

So met gevolg is VW Klerksdorp het van die eerste oproep af my verkeerd kwoteer en kan wilma nie se dat ek haar met inkorekte informasie gevoer het nie want deur gebruik te maak van my motor se registrasie nommer was al die inligting van my motor beskikbaar op haar skerm, wat my baie vies maak is dat VW Klerkdorp my verkeerd kwoteer het van die begin af en toe hul dit agter kom toe wil hul maak asof ek verkeerd gehoor het en lieg vir my en se die spesiale aanbod verval op 30 September 2017 nadat hul reeds my diens geboek het vir 2 Oktober 2017 teen R2399.00... My vraag is dan ook waarom lieg en vir my vertel ekt verkeerd gehoor as Wilma verkeerd kwoteer het hoekom my as klient probeer dom maak vir haar eie nalatigheid???! En dan als probeer regstel deur n leuns???!

0
Replies (0)