1 reviews | Active since Dec 2020
Vodam Verhoging in Tariewe
Goeiemiddag
OP my Vodacom rekening dateer 3 April 2022, was daar ‘n verhoging van R23.00 op selnr *** se rekening. Ek het op 8 April 2022 per epos aan Customer Care navraag gerig aangaande die verhoging sonder dat ek enige terugvoer ontvang het. Ek het die R23.00 kort betaal
Op 19 April 2022 het ek ‘n SMS ontvang vanaf Vodacom waarin genoem is dat daar ‘n verhoging in tariewe sal wees, MAAR DAT VODACOM APRIL EN MEI 2022 SE KOSTES SAL DRA, prysverhoging sal op 1 Junie 2022 in werking tree, sien in geel onder Vodacom se eie inset aangaande die verhoging in tariewe, in die SMS het Vodacom juis genoem dat hulle jammer is dat daar nie betyds ‘’n kennisgewing gestuur was nie
OP die rekening dateer 6 Mei 2022, was die R23.00 weer op genoemde nommer bygevoeg en die R23.00 van die vorige maand as uitstaande vertoon, ek het weer die R23.00 minder betaal
Op 6 Mei 2022 het ek weer per epos navraag gedoen by Vodacom aangaande die verhoging waarop hulle op 11 Mei 2022 bevestig het dat die verhoogde kostes gekrediteer sal word en dat die verhoging eers vanaf Junie 2022 geldig sal wees.
Op die rekening dateer 7 Junie 2022 is die krediet egter steeds nie uitgereik nie en toon die rekening R46.00 uitstaande van vorige maande
Ek het die epos van Vodacom waarin bevestig was dat die verhoogte kostes vir April en Mei 2022 teruggeskryf sou word, op 7 Junie 2022 weer aan hul Customer Care gestuur waarop ek nou ‘n oproep ontvang het, dat daar GEEN krediete sal wees nie en dat die vorige kommunikasie foutief is waarin aangetoon was dat daar krediete uitgereik sou word
