1 reviews | Active since Feb 2017
Vodacom se onbevoegde personeel maak lee beloftes
Na vier maande en vele lee beloftes van Vodacom se onbevoegde personeel het ek nou nog nie my terugbetaling ontvang nie. Na byna 90 minute met die onbevoegde personeel by die dienssentrum is dit duidelik dat Vodacom nie oor kundige personeel beskik om eers 'n adres na elf maande te kan verander of my krediet aan my terug te betaal nie. Daniel het my deurges***el na Ashwin wat glo 'n toesighouer is. Hy het my oproep afgesny, na 29 minute. Ek het weer gebel en Robin het my meegedeel dat Aswin met wie ek drie minute vantevore gepraat het, nie beskikbaar is nie. Waarom nie? Omdat hy weet dat hy my oproep afgesny het? Die oproep het 42 minute geduur. Robin is sonder twyfel die ongeskikste persoon met wie ek nog ooit by Vodacom te doen gekry het. Sy het my herhaaldelik in die rede geval en wanneer sy klaar gepraat het, het sy eenvoudig gese ek moet aanhou , sonder om my ‘n geleentheid te gee, om haar te verduidelik wat die werklike probleem is. Dit is duidelik dat sy GEEN opleiding ontvang het om met die publiek te kan kommunikeer nie. Vodacom kan nie eers 'n verwysingsnommer vir oproepe verskaf nie. Wat se soort diensvers****** is Vodacom? Om in die 21ste eeu te se dat die datum en tyd die verwysingsnommer is, spreek net verder van die onbevoegdheid en onprofessionele diens. Selfs Telkom wat net so pateties is, verskaf 'n verwysingsnommer, wat deur die rekenaarstelsel gegenereer word.
Siende dat Vodacom nie die probleem wil oplos nie, sal ek nou my debietorder by my bank kanselleer. Hopelik sal Vodacom dan iemand bevoeg in hulle geledere ontdek, wat my sal ****ak. Ek hoop net nie hulle plaas weer op Hello Peter dat hulle die probleem opgelos het, nadat hulle my ge****ak het, wat nie gebeur het, soos hulle beweer het, die geval was nie.
Dear Customer,
Thank you for making us aware of your complaint.
Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
***Please note*** Beware of phishing ****s.
Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details.
Regards,
Vodacom Consumer Website Team
Dear Customer,
Thank you for making us aware of your complaint.
Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
***Please note*** Beware of phishing ****s.
Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details.
Regards,
Vodacom Consumer Website Team
