1 reviews | Active since Oct 2012
Vodacom se diens is pateties

Ek skryf altyd hierdie tipe goed in Engels, maar Afrikaans is my eerste taal en siende dat Vodacom my nou heeltemal teen die mure uitdryf met hulle uiters swak diens, skryf ek vanaand in Afrikaans, want ek kan my beter in my moedertaal uitdruk.

As ek elke stappie van die hele verhaal moet vertel, sal dit te lank vat. Daarom gaan ek dit kortliks probeer opsom.

Op Donderdag 15 Junie 2017 is daar ’n onwettige sim swop met my nommer gedoen. Ek het dit probeer aanmeld by 082111, maar is “on hold” geplaas. Ek het op my profiel op Vodacom se webwerf probeer inlog, maar dit het gesê daar is “technical difficulties”. En teen die tyd dat my vrou namens my met iemand by die inbelsentrum kon praat, was dit reeds te laat, want die persoon het klaar data met my nommer begin koop.

Van daardie aand af is ons van bakboord na stuurboord gestuur. Die kort en die lank van die storie is dat niemand by die inbelsentrums óf by Vodacom-winkels presies weet wat moet gebeur nie, want elke mens het vir my ander opdragte gegee. Elke keer het ons daardie opdragte uitgevoer, net om weer ’n ander storie te hoor.

Op die ou einde moes ek al die moeite doen om ’n beëdigde verklaring af te lê net om my eie nommer weer te aktiveer – terwyl ek in die eerste plek nie vir die sim swop gevra het nie – en toe is die beëdigde verklaring nie eens gebruik nie.

Ek was vir ’n week lank sonder ’n foon.

Nou vind ek uit my rekening vir die maand is byna R2000 (as gevolg van data wat ek NIE gekoop OF gebruik het nie) in plaas van die gewone ongeveer R350.

Ek WEIER om daardie bedrag te betaal.

Ek EIS dat Vodacom die R63 wat ek vir ’n nuwe sim moes betaal, aan my terugbetaal. Hoekom moet EK vir BEDROG betaal?!

Ek EIS dat Vodacom my die gelyke van ’n week se diensfooi terugbetaal aangesien ek vir ’n week lank geen gebruik van my foon gehad het nie.

Ek EIS ’n verskoning vir hoekom iemand so maklik toegang tot my sim kon kry (sonder om fisies daaraan te raak) terwyl ek nie eens my eie nommer kon geaktiveer kry sonder om deur honderd “safety measures” te gaan nie. Waar was hierdie “safety measures” toe my nommer gehack is?

Ek sal hierdie saak by die Verbruikersraad gaan aanmeld en dit so ver neem as wat dit vir my moontlik totdat daar na MY REGTE omgesien word.

Dear Customer,
Thank you for making us aware of your complaint.
Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
***Please note*** Beware of phishing ****s.
Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details
Regards,
Vodacom Consumer Website Team
Dear Customer,
Thank you for making us aware of your complaint.
Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
***Please note*** Beware of phishing ****s.
Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details
Regards,
Vodacom Consumer Website Team