1 reviews | Active since Feb 2013
Vodacom ****rak Fooi te hoog
Ek het n data ****rak wat Desember 2019 sou verval ten bedrae van R352 'n maand. Ek het die ****rak in Desember opgegradeer alhoewel ek eers die 3 de Januarie 2020 my nuwe modem ontvang het.. Toe ek my staat ontvang vir Januarie 2020 sal ek sien dat die bedrag vir die data ****rak R1007.76 is. Ek het toe na my staat vir Desember gekyk en sien toe dat die bedrag van R690.48 afgetrek is.
Ek was by Vodacom op 16/01/2020 in Vanderbijlpark en Mnr Ryno de Jager het my baie mooi gehelp en ook n' dispuut verklaar by Vodacom Hoofkantoor.
Ek het Vodacom by 082 135 self ges***el en tot vandag toe kan hulle nie sê hoekom is die bedrae so hoog nie. Mnr de Jager van Vodacom het my op 22/01/2020 ges***el en meegedeel dat daar nou person aangesê is vir die dispuut maar ekself nog steeds niks van Vodacom gehoor nie.
Ek is al 10jr+ 'n klient van Vodacom en nog nooit so gesukkel met Vodacom nie. Des maand het ek net so gesukkel met ongeskikte mense by Vodacom Repairs in Vanderbijlpark oor 'n repair wat ek in gegee het.
Ek is raadop met Vodacom en weet nie meer wat om te doen nie. Hulle gaan die geld einde Januarie 2020 aftrek en ek moet maar net betaal tot Vodacom eendag op die dispuut gaan antwoord.
