MK
Maryke K

1 reviews | Active since Sept 2016

15 Sept 2016, 14:45

Vodacom is useless and *****ing our money

Ek het al probleme met Vodacom vanaf hulle die Maand April 2016 my rekening oorgevat het by Autopage. Autopage en Vodacom het op dieselfde dag 15 April 2016 geld van my rekening afgetrek, Autopage het R818.13 afgetrek en Vodacom het R1318.74 by my afgetrek. Ek het dadelik geweet dis ʼn fout en Vodacom se geld gaan terug trek by die bank. Na dit ʼn oproep gekry van Vodacom wat se ek skuld hulle die geld wat ek gesê het nee dis ʼn fout en vir hulle gesê hulle moet dit met Autopage uitsorteer, wat nie een toe skuld kon herken nie. Lang storie kort moes ek vir Vodacom die geld terug betaal waar hulle 15 Junie toe R2902.95 afgetrek het, wat ook meer as wat dit moes wees.

By Autopage het ek nooit iets soos “content services” gehad nie, en van die dag wat Vodacom daai selfde maand afgetrek het (wat hulle my rekening oorgevat het) was daar al “content services” opgelaai vanself! Ek het die vir ʼn rukkie nie agtergekom nie en my rekening net bly betaal, op ʼn stadium toe besef ek my rekening kan mos nie so hoog bly nie, ek gaan nie oor my minute of data nie. Toe bel ek hulle dadelik en een van die konsultante het toe vir my gesê ek moet die geld gaan terug trek by die bank en dan net die bedrag gaan oorbetaal wat ek Vodacom skuld na ek vir hulle gesê het ek verstaan nie hoekom daai “content services” geld dan na hulle toe gaan as hulle sê dis bedrog nie! Dit was Julie maand. Daai persoon (ʼn man) het toe vir my gesê hy gaan vir my ʼn dispute kode gee na ek die geld gaan terug trek het by die bank, en toe ek hulle die volgende keer bel vir die dispute kode, toe se iemand nou weer eweskielik ek moes nie daai rekening gaan terug trek het nie, en daar is eweskielik toe nie eers n dispute kode nie. Ek se toe vir hulle ek sal daai geld terug betaal, ek het toe bank besonderhede gaan verander, net van n spaar rekening na ʼn cheque rekening. Het hulle toe gebel en gevra wat is die hele uitstaande bedrag wat ek julle skuld, en die persoon net vir my gesê R1219. Ek het gevra is julle seker, want laaste wat ek gehoor het moes ek nog ekstra betaal het, maar hulle het my verseker dis die bedrag. Het rekening toe vereffen. Die 1st September word my lyn afgesit sonder enige waarsku, en toe ek hulle bel word daar vir my gesê my rekening is agterstallig. My pa s***el hulle toe die aand so 18:30 se kant, en praat met ʼn Afrikaanse vroutjie, sy sê toe maar die rekening is nie agterstallig nie en verstaan nie hoekom rekening agterstallig verklaar word nie, behalwe lat sy sien daar is nog ʼn R142 agterstallig, wat ek nie eers weet waar het dit eweskielik vandaan gekom nie, my pa sê toe net dis reg en dit sal met September maand se rekening betaal word. Die vroutjie sit toe dadelik my lyn weer aan. 9de September word my lyn weer afgesit, en word gesê daar is geld uitstaande! R1030!!! Het omtrent vir 2 ure met hulle op die foon gesit waar almal weer ʼn vers****ende storie gehad het, Se toe vir my ek skuld R1954.06 op die ou einde, en tot ek dit nie betaal nie kan hulle nie weer my lyn aansit nie. Na ʼn lang gestry het ek dit gelos. 15 September bel ek hulle om te sê ek het nou die rekening ten volle vereffen, ek wil my lyn nou dadelik aan hê, toe kom hulle nou met die volgende, lat my lyn “gedelete" is aan hulle kant, en ek moet nou weer volle dokumentasie invul en ID aanstuur en dan vat dit 7 werksdae om my lyn te heraktiveer.!!!! Het ook gesien hulle het geld van my rekening probeer aftrek op die 12de en 13de September, wat hulle sê hulle het nie, en hulle weet my debiet order datum is eers die 15de van elke maand!

Ek is hoogs ontsteld met Vodacom se diens!!! Dis BELAGLIK! Almal het elke keer ʼn ander storie gehad wat met my rekening aangaan, dan is my rekening op datum en dan is hy nie ens ens, en niemand maak notas op hulle sisteem nie, nie een persoon het ooit geweet wat om te sê nie, want daar was nooit notas aangebring nie. Ek voel niemand weet wat hulle daar doen nie, en daardeur was daar klomp stories vertel wat nie waar was nie! Ek het menigmale ook gevra om met ʼn bestuurder te praat en niemand wou my ook help daarmee nie. Ek voel Vodacom skuld my baie geld en sommer trauma berading sessies!!

Ek wil graag hê die telefoon oproepe vanaf ek daar begin het moet getrek word en aan ons deur gestuur word.

0
Replies (1)
Vodacom
Vodacom's reply16 Sept 2016, 07:47
Official

Dear Customer,

Thank you for making us aware of your complaint.

Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.

***Please note*** Beware of phishing ****s.

Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details

Regards,
Vodacom Consumer Website Team