1 reviews | Active since Aug 2021
Vodacom Cape Gate
Ek was daar om welcome tune af te haal, moes toe R299 betaal wat veronderstel was om n diens te wees. Ek het gevra of ons dit nie self kan afhaal nie, hulle moet dit kamma op masjien sit om dit af te haal. Ek vra toe vir arrogante mannetjie vir printout om te kyk of hy wel meer as 15 min besig was toe vertel hy vir my dat hy nie nodig het om hom self te verduidelik nie. Toe ek by huis kom kon ek nie bel of ontvang nie, moes toe weer terug gaan. Ek stap toe weer na hom toe toe se hy net hy is besig ek moet wag en hy stap agter toe. Die ander man help my toe en vat die foon na hom toe. Hy kom terug met arrogante houding en se daar is niks fout nie. Ek se vir hom ek dink hy het n k_k houding. Die vrou wat ha****lf bestuurderes noem se toe vir my, sies jy is n ou vrou, hoor hoe praat jy. Ek het toe na Vodacom by Hypermarket gegaan en baie goeie behandeling gekry.sim was beskadig en maar R20 betaal vir sim swop. Volgens hulle moes hulle dit net afgehaal het, want dit was n Vodacom produk. Hulle sal my nooit weer sien nie. Gedink hulle is veronderstel om almal dieselfde te werk, maar toe nie.
