1 reviews | Active since May 2016
VALSE RED VIP VOORDELE
Gedurende die tyd toe my man sy ****rak opgegradeer het is hy aangeraai deur Vodacom om ń Cat foon te vat weens die feit dat hy ń boer is en ń “heavy duty” foon benodig. Hy is ook verseker dat die foon waterdig is, dat die skerm nie kan krap of breek nie en dat die foon nog vele ander voordele het. Verlede week het die foon geval en sy skerm het lelik gebreek, vandag was ons na Menlyn Vodacom wat verskriklik onbehulpsaam was. Daar is net gese jammer die foon moet weggestuur word en dan sal dit 2 weke plus neem om te laat weet hoeveel dit hom gaan kos om reg te maak, ten spyte van die feit dat die foon nog onder waarborg is en dat hy ń Red VIP Plus kliënt is. Hy is ook ten tyde van die opgradering na Red VIP ingelig van al die spesiale voordele wat hulle bied op die pakket, hy is ook ingelig dat alle Red VIP kliënte die voordeel geniet van onder andere ń tydelike foon sou jou foon weggestuur moet word en hy nie meer onder waarborg is nie, dat Vodacom uitkom na jou om ń nuwe of gebreekte foon by jou te kom haal of aflaai, dat ń onherstelbare foon vervang word met ń nuwe foon ens. Vodacom het vir die soveelste maal die teendeel van hulle beloftes bewys en ook net weer bevestig hoekom MTN die beter keuse is.
Groete, Theo Roux ********** 929
