1 reviews | Active since May 2019
Swak sein, swak diens, afgesnyde oproepe
Ek wil nou al skree van furstrasies oor Vodacom se sein. Hulle het vir ons 'n booster en antenna 'n klompie jare gelede op hulle onkostes op gesit. Ons bly buite Bloemfontein en sukkel met swak sein wat gedurig deur wissel. Ons oproepe word gereeld afgesny en mense kan ons nie hoor nie. Ons hoor heeltyd die ander persoon, maar hulle kan ons nie hoor nie. Hier was iemand van Vodacom na 'n lang gesukkel en nou is die sein eers sleg. Hoe kan ons betaal vir iets wat nie bestaan nie. Ek het my data pakket op gegradeer na 10G, maar wat help dit as jy nie sein het nie. My Wi fi lyk soos 'n robot soos sy sein knoppie van kleure verwissel in kort rukkies. Waar gaan ons heen om te help om hierdie slegte toestand te verbeter? Ons is 'n besigheid en wil nie eers weet van al die oproepe wat ons verloor omdat mense boodskappe kry wat sê: "This number does not excised" Is daar iemand wat weet hoe om hierdie probleme op te los?
