AB
Anneke B

1 reviews | Active since Feb 2015

21 Jun 2024, 09:21

SWAK DIENS

Julle het gevra vir n hersiening van my vorige resensie - so hier is dit. My eerste ****rak by julle was in 2007. Vandag het ek 5 in totaal en 17 jaar van 'n getroue klient wees. Nadat dit julle 'n maand geneem het om my opgradering te prosesseer en my nommer in die proses geblok en geswartlys is omdat ek julle glo te veel gebel het, het ek uiteindelik op die 23ste April my laptop ontvang. En daar begin my probleme: eers was dit 'n gesukkel om die windows aan die gang te kry - die laptop bly afsit en dan weer aansit als op sy eie. En raai - ek kan julle nie bel nie. My eie IT het dit so op n manier gekry om te werk- so ek kon vir 2 weke my werk doen. Groot was my frustrasie die oggend van 7 Mei 2024 - niks werk nie. My IT ou koop n nuwe windows want volgens die huidige windows is daar korupte leers in die BIOS. Yippee - als update en my laptop werk soos 'n droom. Frustrasie - 21 Mei 2024 en niks update nie, die laptop reboot sommer self 20 keer 'n dag en Vodacom skitter in hulle afwesigheid!! Die Vodacom winkel in ons mall kan nie help nie want ek het nie 'n customer care verwysing nie en dit is ook nie hulle probleem om een te kry nie. Die dame agter die toonbank se advies - gebruik n privaat IT in die dorp. Dis is vandag 30 dae later en 30 dae sonder 'n laptop. Die hardeskyf is vervang met 5 verskillende tipes en make - dit werk nie. Nou word daar gesoek na 'n probleem op die moederbord self en raai wat - Vodacom wil hulle ****rak betaling hê.

0
Replies (2)
Vodacom
Vodacom's reply21 Jun 2024, 10:01
Official
 Dear Customer,  Thank you for making us aware of your complaint.  Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.  ***Please note*** Beware of phishing ****s.  Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details  Regards,  Vodacom Consumer Website Team 
AB
Anneke B's update24 Jun 2024, 10:04
Reviewer Update
Ticket nr: EC-1TRH-1IX1UY: soos per telefonies versoek Vrydag 21/06/2024 om 13:28 het ek vanoggend 9:00 my laptop by die Vodacom 4U winkel gaan ingee vir wegstuur en herstel of omruil. Weereens wou hulle nie help nie omdat dit 'n aanlyn transaksie is en ek nie 'n verwysing vanaf die aanlyn afdeling nie. Ek het met die bestuurder gepraat wat na vele verskonings en herhaaldelike herhaling dat ek verantwooredelik gaan wees vir enige kostes verbonde aan die wegstuur en herstel van die laptop, die laptop ingeboek om weg te stuur na 'n hertsel winkel. Hierdie is nie my fout nie - ek sal nie verantwoordelik gehou word vir enige kostes nie. As Vodacom my nie geblok het nie was hierdie probleem lankal opgelos en almal was gelukkig en ek kon my werk doen.