1 reviews | Active since Sept 2021
Slegte onbetroubare diens vanaf Vodacom staff
Vodacom het my ges***el om my selfoon te opgradeer. Ek sê dat ek sal opgradeer alleenlik as dit n telefoon is waar ek 2 simkaarte kan insit dan alleen sal ek opgradeer. Die dame Simone sê dat dit wel so n foon is. Ek sê goed dan sal ek opgradeer. Nodeloos om te sê ek ontvang die foon op 18 Aug 2021 nadat al my inligting op die foon oorgeplaas is en ek die 2 simkaarte wil in sit sien ek dat daar net plek is vir 1 simkaart. 😡 Die 19de Aug 2021 s***el ek Vodacom om opgradering te kanselleer omdat ek nie tevrede is met die foon en dat dit nie was waarop ons ooreengekom het nie. Hul se dat die foon sal inne 7 tot 14 dae opgetel word by my. 3 weke later s***el ek Vodacom om te hoor, wanneer word die foon by my opgetel. Dit is nou al meer as n maand later en daaglikse oproepe om die selfoon te kom afhaal by my en my opgradering te kanselleer. Elke dag praat ek met n verskillende persoon en elkeen bevestig dat die foon sal afgehaal word. Intussen bel ek en vra vir my opgradering om gekanselleer te word maar word net gese hul kan nie voordat hul nie die foon terug het in hul besit. Ek het aangebied om die foon by hul kantore te gaan ingee waarop gese is ek kan dit nie doen omdat ek die foon vanaf Elite Mobile ontvang het. 7 Sep 2021 (praat met Brain) s***el ek en vra wanneer word die foon opgelaai bevestig dat RAM dit moet kom oplaai hul sal epos stuur dat dit opgelaai moet word. Weereens waarom is dit nie gedoen die 1ste dag waarop ek ges***el het om die iopgradering te stop. 15 Sep 2021(praat met Selbi) s***el ek en vra wanneer word die foon opgelaai weer bevestig hul dat hul sal opdrag gee om foon te kom afhaal. 21 Sep 2021 (praat met Bongani) s***el ek weer, nogsteeds dieselfde antwoord opdrag sal gestuur word om foon te kom afhaal. Maandag 27 Sep 2021 word gebel en gese hul kom die foon oplaai by my huis. Dinsdag 28 Sep 2021 bel ek en vra wanneer kom hul die foon oplaai dit is nogsteeds by my. Woensdag 29 Sep 2021 (praat met Nthabileng) word weer bevestig hul kom die foon oplaai. Wel nogsteeds geen foon opgelaai by my nie. Van al die personeel by Vodacom het ek GEEN resultaat ontvang nie. Soveel verskeie name met wie ek gepraat het en niemand het dit reggekry om die foon te laat oplaai by my huis. Datums en ander personeel waarmee ek kort kort ges***el is, is nie eers hier genoem nie, want ek is so ongelukkig met Vodacom se diens!!!!!
