DS
Driekie S

1 reviews | Active since Feb 2018

24 Feb 2018, 22:38

Sim swop is taking 5 days already!?!

Goeienaand. Ek het Dinsdagmore 10:00vm 'n selfoonopgradering gedoen. Omdat my simkaart al van die baie ou soort was, moes ek 'n "simswop" ook doen. Ek het sommer toe alles gekoop, skermbeskermer asook 'n selfoon"cover". Om op te gradeer het ook nog ekstra geld gekos. Die verkoopsdame het my mooi gehelp, papiere is geteken, nuwe sim is ingesit, ek het alles betaal, die werke. En daar begin die sports! Die swoppery vd sim wil nie aktiveer nie. En dit is tot nou toe nog nie gedoen nie. Ek het elke dag 'n paar keer gebel en gevra hoe vorder die aktivering. Dan word daar net vir my gesê hul sal terugkom na my toe, want "hoofkantoor" moet in so geval help. Blykbaar was daar 'n "glitch" op die stelsel een of ander tyd, maar intussen is baie nuwe simkaarte geswop en geaktiveer. Die plaaslike winkel bly net vir my sê dis hoofkantoor wat dit moet uitsorteer, hul doen van die kant meer as wat hul kan. En ek glo hulle. MAAR, more het ek die foon al 5dae in my besit, en kon nog nie met hom werk nie. Bygesê het hul 'n 7dae beleid, en dit is as jy enige probleme binne die 7 dae ondervind, die vers****** hom vir jou kosteloos sal regmaak of omruil. Wat nou van dié beleid, ek het nog nie eers die foon aangesit nie.

Kan ek Maandag alles gaan teruggee en my geld terugeis? Ek wil met daardie company niks meer te doen hê wat sulke slegte kliëntediens het nie. Ek wil net weet wat my regte is, groot asb, as iemand my raad kan gee sal ek dit baie waardeer.

0
Replies (2)
Vodacom
Vodacom's reply25 Feb 2018, 20:58
Official

Dear Customer,

Thank you for making us aware of your complaint.

Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.

***Please note*** Beware of phishing ****s.

Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details.

Regards,
Vodacom Consumer Website Team

Vodacom
Vodacom's reply26 Feb 2018, 15:12
Official

Good day

We regret taking note of your experience.

Thank you for the details and feedback you provided when I called; we will have this matter addressed.

We apologise for any inconvenience caused.

Kind regards

Moddy