1 reviews | Active since Oct 2011

12 Dec 2016, 15:55

Selfoon is af van Vodacom se netwerk

<p>My bankbesonderhede het 4 maande terug verander. Die bank en ek self het n kennisgewing vir Vodacom gestuur om die bankbesonderhede te verander vir die debietorder. Vodacom het dit nie verander nie en moes ek sodoende die betaling elke maand self aan Vodacom doen met die verwysing wat ek by Vodacom gekry het (I254 764 91). My selfoon is nou al 2 weke buitewerking oor Vodacom my foon afgesny het oor ek "nie betaal het nie". Ek het die bewys van betaling nou al aan 3 mense gestuur by die call centre, ek het die call centre al hoeveel keer gebel. My foon is steeds af en hulle het steeds nog nie vir my terugvoering gegee oor die gelde wat hulle ontvang het nie. Ek is glad nie tevrede met hoe die loop van die saak vorder nie aangesien ek vir 'n diens betaal maar niks van dit kan gebruik nie. Hoe lank gaan ek nou nog moet wag voor my foon weer op die lug is?</p>

0
Replies (4)
Vodacom
Vodacom's reply13 Dec 2016, 07:28
Official

Dear Customer,

Thank you for making us aware of your complaint.

Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.

***Please note*** Beware of phishing ****s.

Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details

Regards,
Vodacom Consumer Website Team

's update13 Dec 2016, 07:59
Reviewer Update

Good day

I hope Vodacom can sort this out by die end of today as I make Vodacom aware of this problem a few times already.

's update14 Dec 2016, 08:46
Reviewer Update

Hi

Die probleem is NOGSTEEDS nie opgelos nie!!!! Kan die diens enigsins slegter wees??? Julle bly my "security questions" vra ma verder gebeur niks nie!!!??? Sit my foon aan of stop al my ****rakte sumier!

's update15 Dec 2016, 07:28
Reviewer Update

Dit is nou al die 7de dag dat die probleem nie opgelos is nie. Elke een van Vodacom wat my bel belowe hulle gaan die bewyse van betalings (wat ek elke keer moet email) stuur na hulle rekeningafdeling en vra dat hulle dadelik my telefoon aansit. Vanoggend is al 4 my ****rakte ongebruikbaar oor almal nou gestop is! Dit raak net al hoe erger! Ek dink dit sal maar beter wees as julle liewer al my ****rakte by Vodacom STOP!!! Julle is onbevoegd om my te kan help. Ek het al my vertrou nou in julle verloor, lee beloftes van wanneer my foon aangesit gaan word kan mens ook net sover bring. Iemand doen erens nie hulle werk nie of weet nie wat hulle doen nie en nou moet ek daaronder ly oor julle onbevoegdheid. Hierdie probleem moet vandag voor 12 uitgesorteer wees!!! Ek gaan nie langer my tyd en moeite aan Vodacom spandeer nie! Julle is dit nie werd nie!!!