1 reviews | Active since Jul 2013
Rekening is betaal maar lyn is afgesny
Die afgelope 2 maande sit ek met dieselfde probleem. Vodacom kan nie my betalings op****r nie, al gebruik ek presies dieselfde internet betalings metode as die afgelope jaar. Laas maand was ek in George en moes 2 keer die vodacom tak besoek om bewys van betaling te lewer, wat hulle deur gefaks het. Die maand is dit presies dieselfde. Ek het reeds die Menlyn, Brooklyn en The Grove tak besoek en bewys van betalings is deur almal aan die rekening afdeling gestuur. Ek het gister met Kagiso gepraat en hy het ook 'n mail ontvang en onderneem om daarna te kyk. Vandag het Melissa ook onderneem om op my e-pos te reageer. Nou 7 ure later en my lyn is nog steeds af gesny. Ek verstaan nie hoekom dit so moeilik is dat 5 verskillende vodacom werknemers nie die probleem kan uitsorteer nie. Verder het ek ook onder hulle aandag gebring dat my man se vodacom prepaid nommer geen oproepe van Telkom mobile nommers kan kry nie. Hul antwoord is \It is strange/snaaks""
