1 reviews | Active since Apr 2011
Prys verskil van R450-00
Op 9/12/2015 het ek by Vodacom in die Meent, Strand navraag gedoen in verband met die goedkoopste voorafbetaalde selfoon wat data kan oplaai. Die Samsung Galaxy J1 Ace is aan my gewys, en geen ander opsies verduidelik nie. Ek het dit aanvaar, want het nie kennis van fone nie, Die prys was R1950-00, maar met af**** R1850-00. Ek is nie bekend met die Samsung, en daar was geen aanwysings nie, so ek het baie gesukkel. Volgende dag teruggeneem, want het data gevreet, wat my toe al oor die R100-00 gekos het. Daar moes ek verneem dat hulle die foon namens my kan verkoop, maar nie my geld terug kan gee nie. Dieselfde foon in julle katalogus bladsy 39 word aangebied vir R1499-00. Louis Maasz, en sy bestuurder Jaco van Schalkwyk van Somerset Mall was baie behulpsaam, en het die bestuurder by die Meent ges***el. Hy reken toe dat ek die prys so aanvaar het, en hy kan niks doen nie. Dit is onaanvaarbaar, en sal graag wil dat die saak opgeneem word met julle hoofkantoor. Het nie besef ek moet vir data, whatsup en sms ook betaal nie. Sal 'n terugbetaling moontlik wees, al moet ek betaal vir die paar dae wat dit in my besit was. Sal dan 'n goedkoper foon koop, en maar wegbly van die data.
Thank you making us aware of your complaint
Please note that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
Regards
Consumer Website Team
Thank you making us aware of your complaint
Please note that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
Regards
Consumer Website Team
