1 reviews | Active since Feb 2017
Pathetic Incompetence!

Ek sit met die volgende probleem en het gewonder of julle my sal kan uithelp? Ek het als probeer, maar rig niks uit nie.

Ek het 'n selfoon****rak by Vodacom en het al September verlede jaar opgegradeer. Saam met die opgradering het ek 'n gratis tablet ontvang as deel van die ****rak/pakket. Die tablet het sy eie aparte simkaart gekry waarop daar maandeliks data opgelaai word (dit is nou als ingesluit by die ****rak sonder enige ekstra kostes). Sedert die opgradering het die tablet nog nooit gewerk nie. Die vrou by Vodacom het die dag wat ek opgegradeer het gesê dat die tablet binne 'n dag of twee geaktiveer sou wees. Dit het nie gebeur nie, ek het so week gewag, maar toe niks geaktiveer word nie, gaan ek terug na haar toe.

Sy sê toe sy sal dit aanmeld en die tablet behoort binnekort te werk. Vol hoop stap ek weg en na vele oproepe het ek haar weer besoek. 'n Maand later doen hulle toe vir my 'n sim swop met die gevolg dat my selfoonnommer oorgeplaas is na die tablet toe en ek dus met die tablet moes werk vir 2 weke plus. My selfoon was toe buite werking en die tablet het basies my selfoon se funksies verrig. Dit moes natuurlik nie so gewees het nie en ons is weer terug. Na nog 'n sim swop en 'n week of meer se gewag werk my selfoon weer en natuurlik, die tablet nie.

Sedertdien volg ons weekliks op telefonies en het hulle nou al menigte kere op Vrydae middae na werk besoek. Elke keer word vir my gesê dat dit opgeneem is by hoofkantoor, maar hulle kan my ongelukkig met geen ****aknommers of name help nie.

Die enigste toegang wat ek het is die dame by die tak waar ek opgegradeer het. Sy kan vir my geen ander name gee nie, terwyl sy gesê het sy het nou die saak oorhandig aan hoofkantoor.

Dit is nou 5 maande later en die tablet werk nogsteeds nie. Ek hoop regtig julle kan my help!!

Die dame en ander besonderhede volg:

Vrou by Vodashop Preller Plein Bloemfontein
Naam: Phefi
Nr: ********** 918
Vodacom by Preller Plein Bloemfontein
Nr: ********** 718

Die tablet se nommer (veronderstel om te wees, maar werk nie...): ********** 066

Vriendelike groete,
Hanlie

Dear Customer,
Thank you for making us aware of your complaint.
Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
***Please note*** Beware of phishing ****s.
Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details
Regards,
Vodacom Consumer Website Team
Best regards,
Dear Customer,
Thank you for making us aware of your complaint.
Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.
***Please note*** Beware of phishing ****s.
Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details
Regards,
Vodacom Consumer Website Team
Best regards,