1 reviews | Active since Feb 2018
KANSELLASIE VAN VODADOM ****RAK NIE HANTEER NIE
My selfoon ****rak was due vir upgrade Meimaand. Ek het 2 simkaarte met my ****rak gekry en omrede ek nie die 2de simkaart gebruik het nie, het ek gevra dit dit nie geupgrade word nie en slegs my een nommer aktief bly. Ek is ingelig dat die ****rak eers einde Julie sal verval en ek dus nog vir 2 maande die t****e simkaart se kostes sal moet dra en dan begin Julie Vodacom moet bel om die simkaart te kanselleer. Ek het dit wel so gedoen en die man wat my gehelp het het omtrent die hele proses deurgegaan en die kansellasie gelaai, volgens hom en toe is sy lyn dood, alhoewel hy gesê het ek sal 'n sms ontvang ter bevestiging dat dit gekanselleer is.
Dit is nou 2 maande na die kansellasie datum en ek betaal steeds vir die 2de simkaart. Gister toe bel ek weer in Vodacom toe en is ek ingelig dat die simkaart nie gekanselleer is nie en dat sy dit nou eers kan doen.
Vodacom se diens is baie sleg in die laaste tyd. As jy nie sukkel met opvangs nie, doen die callcenteragente nie wat hulle veronderstel is om te doen nie. Ongelukkig het my Call recorder op my foon nie gewerk ten tye van die oproep in Julie vir die kansellasie nie, anders kon ek aandring op terugbetaling aangesien ek dit wel gekanselleer het en ek is ook nie seker presies wanneer ek callcenter ge****ak het vir die kansellasie nie.
Vodacom was altyd die beste netwerk, maar ek begin sterk twyfel in hulle diens
