1 reviews | Active since Jul 2016

07 Jul 2016, 15:55

Geen diens vanaf Vodacom

Ek het so n paar maande terug 'n upgrade op my ****rak gedoen. Vanaf n Sony na die nuutste Iphone. Omdat my werks situasie vernader het, het ek ook 'n kleiner pakket geneem aangesien ek nie meer so baie hoef te bel nie. Onmiddelik het my probleme begin. Ek kon glad nie op internet ingaan, of whatsapp boodskappe stuur nie, aangesien daar geen data op my foon was nie. Ek kan ook glad nie 'n sms na 'n 5 digit nommer stuur nie. My foon is ook veronderstel om 5G te ontvang, maar ontvang tans net 3G. Ek moes BAIE besoek aflê by die Vodacom tak in Somerset Mall, asook Vodacom Kliëntediens Sentrum buite die Mall. Niemand kon help en na ure op 'n **** se wag by besoeke is die data probleem na omtrent 'n maand en 'n half uitsorteer. Die sms probleem asook die 4G probleem is na maande nog nie uitsorteer nie. Gedurende hierdie tyd het hulle ook sonder om te skroom hulle volle betalings verhaal, alhoewel ek nie my foon ten volle kan gebruik nie. Op een stadium het hulle darem ek dink 300mb data gratis gekrediteer.

So amper n maand terug kon ek een oggend glad nie oproepe maak nie, asook geen sms'e stuur nie. Ek het weer vele besoek afgelê by vodacom. Laas Saterdag vir 3 en 'n half ure by die dienssentrum gesit terwyl hulle met hulle call sentrum op die foon was. Na die hoeveelste keer moes ek weer net my foon afsit en na 5 minute weer aans***el, dan sal alles reg wees!! Maar nog nooit het dit gewerk. SO, ek kan nog steeds nie die volgende doen nie:

Vanaf die begin van die ****rak maande gelede:

1. Kan nie sms na 'n 5 digit nommer

2. Van nog steeds nie 4G op nie

Vanaf 'n maand gelede:

1. Kan GEEN oproepe maak nie.

2. Kan GEEN sms'e stuur nie

Kan iemand my help asseblief! Mag ek my aftrekkings stop todat die probleem heeltemal opgelos is? Gaan ek vergoed word vir die tydperke waar ek nie my foon ten volle kon/kan gebruik? Vodacom was heeltemal bereid en gretig om gedurende hierdie tyd ( en nog steeds) my geld te vat vir diens wat hulle ****raktueel nie aan my gelewer en steeds lewer nie.

Dankie

Leon

0
Replies (1)
Vodacom
Vodacom's reply07 Jul 2016, 18:41
Official

Dear Customer,

Thank you for making us aware of your complaint.

Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.

***Please note*** Beware of phishing ****s.

Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details

Regards,
Vodacom Consumer Website Team