1 reviews | Active since Oct 2016

23 Oct 2016, 19:10

Gee asb ALLE inliting tydens 'n opgredering

Volgens die Voda app kon ek Jacques se foon al op 20 Septemeber upgrade ipv Desember. So is ons na Vodacom by Heidelberg Mall. Kry fantastiese diens daar, maar die hele upgrade word gedoen sonder dat my bewys van adres gevra word en daar word net 'n afskrif van my ID gemaak nadat ek die nuwe ****rak geteken het. Ek het nogal gedink dit is belangrik vir die dame om seker te maak dat dit my ****rak is, maar nou verstaan ek ook hoekom daar so baie bedrog is. Blykbaar was dit genoeg inligting dat sy weet dis my ****rak met net nog 'n nommer op. Ek maak nogal seker daar is GEEN extra fooie wat betaal moet word nie en Jacques is happy met sy nuwe foon.

Vandag gaan maak ek op die vodacom app net seker dis wel die nuwe ****rak pys wat ek moet betaal en sien ek moet betaal vir 2 handsets. Spring ou op die foon en bel 082 111. Die eerste konsultant klink of hy reeds slaap, maar dis verstaanbaar op 'n Sondagmiddag na ses uur en hy verseker my hy sal die handsset afhaal en ek betaal net vir een, maar hou gou aan. So hou ek toe maar nog aan en kom by 'n t****e konsultant uit wat my 'n heel ander storie vertel. Blykbaar moet ek nog vir 2 maande betaal aan die eerste handset tot die oorspronklike ****rak verval in Desember. Ek was natuurlik nie baie gelukkig nie en het dit ook so oorgedra want dit is 'n extra R200 vir nog 2 maande.

Deesdae is vodacom se diens PATETIES verby en as mens sein kry om te bel moet jy nog hoor hoe hulle jou mislei deur nie al die inligting te gee nie. Ek het NIE gevra om vroeer te upgrate nie en as Vodacom jou vroeer laat upgrate MOET hulle jou al die inligting gee en nie net stilbly , skouers optrek en jy moet betaal nie. Soos ek nou voel sal dit my laaste upgrate wees, na meer as 12 jaar het ek die laaste tyd net te veel drama met vodacom en hulle patetiese diens. Jy betaal jou ore van jou kop af en moet maar net tevrede wees met wat hulle jou voor laat betaal.

0
Replies (2)
Vodacom
Vodacom's reply24 Oct 2016, 07:04
Official

Dear Customer,

Thank you for making us aware of your complaint.

Kindly be advised that a consultant will make contact with you in due course to assist with your query.

***Please note*** Beware of phishing ****s.

Vodacom will not contact you via Whatsapp to request your personal details

Regards,
Vodacom Consumer Website Team

's update01 Nov 2016, 12:13
Reviewer Update

Still no word from Vodacom??????