AC
Adrianus C

1 reviews | Active since Jul 2017

05 Sept 2022, 16:02

Wees Virseker versigtig.

Ek sukkel sedert Februarie en Maart om twee eise afgehandel te kry vir sk**** aan my voertuig. Virseker maak dit byna onmoontlik om met die eis hanteerder in verbinding te tree. My epos navrae bly onbeantwoord en oor die telefoon kan niemand my help nie.

Na baie moeite is my eise na paneelkloppers toe - daar begin Virseker hulle ook ignoreer en hulle kry nie goedgekeuring vir die volle herstelwerk nie.

Vir maande lank doen beide ek en die paneelkloppers navraag- met geen reaksie. Uiteindelik se ek dat ek maar die addisionele items uit my sak sal betaal.

Die plek word bespreek vir die herstelwerk om plaas te vind, maar toe ek die voertuig wil inboek, stel die paneelkloppers my in kennis dat die eise gekanselleer is. Nou kom Virseker met die storie dat die herstelwerk te lank gesloer het, en daarom is dit gekanselleer - TERWYL DIT SLOER AS GEVOLG VAN HULLE!

Dit lyk amper asof hulle die navrae ignoreer in die hoop dat hulle die eise kan kanselleer as dit lank vat.

In geen dokument wat ek van hulle af ontvang het word daar melding gemaak dat herstelwerk binne 'n sekere tydperk gedoen moet word nie.

Nou het ek geen vertroue dat ek gedek word in ruil vir die maandelikse premies nie - want toe ek klein probleempies wou laat regmaak het Virseker misluk - hoeveel erger sal dit wees met 'n groot probleem? Bly weg!

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply05 Sept 2022, 17:10
Official
Goeie dag Mnr Coertze , dankie dat jy ons ge****ak het. Ons eisspan sal ****ak maak.
Groete
Virseker