1 reviews | Active since Jun 2020
Virseker niè!
Virseker is nie verseker nie! DIT IS VERSEKER WAAR! Talm en doen hul bes om hul verpligtinge te ontglip! Virseker ****ak my (nie andersom nie), die totale (globale) waarde van my eiendom plus R1 milj (om seker te maak onder verseker speel geen rol tydens moontlike toekomstige eis nie) word bepaal, in 2017. Junie 2020 my eerste eis, vir swembad-pomp. Eis word geregistreer, na meer as 'n week daag die assessor op en diè bevestig weklike skade. Week later word ek meegedeel dat ek nie vir die swembad verseker was nie, dit nadat die assessor hier was. Behalwe vir die skyn wat verwek was dat ek wel verseker is en dan die onnodige kostes om al die pad van Kaapstad na Herm**** te reis val die swembad buite die huisversekering hoewel die swembad ten tyde van die verbintenis in plek was en deel vorm van die totale waarde van die huis. Nodeloos om te sê dat die bedrag in hierdie geval geen rol speel nie maar die beginsel van die saak laat mens wonder waar integriteit en eerlikheid (wat tydens die wagtyd oor die telefoon in jou ore weerklink) vandaar kom. Virseker is blykbaar deel van die Solidariteits Groep (Auto en General) en ek oorweeg dit sterk om al my finansiële bydrae tot AfriForum, hul Regstak en Helpende Hand op te skort. Ek het meer van my eie mense verwag! Ek wag nou nog vir 'n oproep van 'n bestuurder by Virseker. So, dink tweekeer voordat jy deur Virseker, verseker!
Ons is jammer om hiervan te hoor en will graag help. Stuur ons asb 'n privaat boodskap met jou polis besonderhede sodat ons span na jou saak kan kyk en jou ****ak met terugvoer. Vriendelike GroeteDie Virseker Span
Ons is jammer om hiervan te hoor en will graag help. Stuur ons asb 'n privaat boodskap met jou polis besonderhede sodat ons span na jou saak kan kyk en jou ****ak met terugvoer. Vriendelike GroeteDie Virseker Span
