1 reviews | Active since Mar 2020
Virseker met 'n slap riem gevang! Passop!!
Goeie dag,
My naam is Frans Guthrie, en ek wil graag net ander mense waarsku teen die versekerings maatskappy: Virseker.
Ek het 'n Volkswagen Polo gekoop in 2017. Versekering uitgeneem deur vakbond Solidariteit.
Ek is in 2019 Julie maand afgele waar ek gewerk het en Augustus 2019 het die firma toegemaak.
Ek het' n eis ingesit by virseker en die diens was pateties. Na ongeveer 'n maand het hulle my ge****ak, en selfs nadat hulle aan my bevestig het dat hulle al die regte dokumente ontvang het is my eis nog steeds nie na 6 maande afgehandel nie. Tot' n verdere skok is ek nie versekering soos hulle gese het ek verseker was toe hulle die versekering aan my verkoop het aan die begin nie. Hulle het aan my gese dat hulle my voertuig sou betaal sou ek afgele word by my werk. Toe ek my eis insit word daar gese dat ek my versekering verseker het. (Hulle se dat hulle my versekering gaan betaal op my versekering terwyl ek afgele is by my werk).
Volgens my kennis het ek 'n voertuig gekoop wat deur versekering gedek moes word en nie versekering wat deur versekering gedek moes word nie.
Ek betaal maandliks meer as R1100 vir my versekering en is bitter teleurgesteld in beide die diens en hulle valse verkope deur middel van misleidende informasie.
Ek het 'n formele klag gele by Virseker en daar het absoluut niks daarvan gekom nie. Virseker het my ge****ak en gese dat Solidariteit hulle ge****ak het, waarna ek vir hulle gese het wat aan my verkoop was toe ek die versekering uitgeneem het. Virseker het gese dat hulle na die opname gaan luister en dit vir my ook aanstuur. Hulle het beslis hulle fout/leuns agter gekom want ek het selfs tot vandag toe nog niks van hulle gehoor nie en geen opname ontvang nie.
Dit is vir my baie teleurstellend om te dink as 'n man van 60 jaar dat versekerings maatskappye soos Virseker kan maak net wat hulle wil en wegkom daarmee. Verder teleurstellend is dat die vakbond Solidariteit hierdie tipe versekering aan ons voorstel gedurende die aankoop van' n voertuig.
Ek sou geen persoon aanraai om versekering uit te neem deur Virseker wat ook 'n produk van die Auto en General groep is nie. Lees jou polisse baie mooi deur en dring aan op geskrewe dokumente want die opnames gaan nie werklik beskikbaar wees nie.
English version will follow soon on fb and Twitter.
Ons is jammer om hiervan te hoor en will graag ons span kry om hierna te kyk.
Stuur ons asb 'n privaat boodskap met jou polis/ID nommer sodat ons span hierna kan kyk en jou ****ak met terugvoer.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
Ons is jammer om hiervan te hoor en will graag ons span kry om hierna te kyk.
Stuur ons asb 'n privaat boodskap met jou polis/ID nommer sodat ons span hierna kan kyk en jou ****ak met terugvoer.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
